Oos-Londen
From Wikipedia, the free encyclopedia
Oos-Londen (Engels: East London, Xhosa: eMonti) is 'n stad in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Dit het sowat 267 000 inwoners (volgens die 2011-sensus) en vorm die belangrikste deel van die Buffalo City Metropolitaanse Munisipaliteit wat in totaal sowat 755 000 inwoners huisves, waarvan 642 750 swart was, 58 258 wit, 45 442 bruin en 6 241 Indiërs.[2] Dit lê aan die Indiese oseaankus, tussen die Buffels- en die Nahoonrivier, en is die enigste stad in Suid-Afrika met 'n rivierhawe.
Oos-Londen eMonti | |
---|---|
Koördinate: 32°59′S 27°52′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Munisipaliteit | Buffalo City |
Stigting | 1847[1] |
Oppervlak | |
• Stad | 168,86 km2 (65,20 vk. myl) |
• Metro | 2 536 km2 (979 vk. myl) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Stad | 267 007 |
• Digtheid | 1 581/km2 (4 090/vk. myl) |
• Metro | 755 200 |
• Metrodigtheid | 297,8/km2 (771/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 16.0% |
• Indiërs/Asiërs | 1.8% |
• Bruin mense | 11.6% |
• Swart mense | 70.1% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 61.8% |
• Engels | 21.2% |
• Afrikaans | 13.3% |
• Ander | 3.8% |
Poskode (strate) | 5200 |
Poskode (posbusse) | 5201–5499 |
Skakelkode | 043 |
Webwerf | Buffalo City-munisipaliteit |
Pynappels en mielies is belangrike plaaslike uitvoerprodukte. Die hawe beskik ook oor die grootste graansilos in die land, met 'n kapasiteit van tot 76 000 ton. Oos-Londen is 'n belangrike in- en uitvoerhawe vir nuwe motorvoertuie na die Amerikas, die Verenigde Koninkryk, Australië, Japan en China. Koper afkomstig van Zambië en die Demokratiese Republiek van Kongo word ook per see uitgevoer.