From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tsjoelim (Russies: Чулым) is met 'n lengte van 1 799 km (1 118 myl) die langste regse sytak van die Ob in Siberië.[1] Dié rivier ontstaan deur die saamvloei van die Wit Ijoes en Swart Ijoes by Kopjowo in die Chakassië-republiek, net suid van die Krasnojarsk-krai. Aansluitend vloei die Tsjoelim in 'n noordoostelike rigting tot by Balachta. Vanaf hier vloei dié rivier in 'n noordwestelike rigting deur Nasarowo en verder in 'n westelike rigting, voordat die Tsjoelim in 'n noordoostelike rigting draai en Atsjinsk bereik. Vanaf hier vloei dié rivier in 'n noordelike rigting deur Nowobiriljoessi en maak 'n boog in 'n westelike rigting deur Tegoeldet in die Tomsk-oblast. Die Tsjoelim vloei verder in 'n suidwestelike rigting en bereik Sirjanskoje. Vanaf hier vloei dié rivier in 'n noordwestelike rigting deur Perwomaiskoje en mond verder noordwes in die Ob se middelloop uit.
Tsjoelim | |
---|---|
Die Tsjoelim naby Achinsk | |
Die stroomgebied van die Tsjoelim | |
Oorsprong | Saamvloei van Wit Ijoes en Swart Ijoes by Kopjowo, Chakassië, Rusland |
Monding | Tomsk-oblast, Rusland Ob |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 1 799 km (1 118 myl) |
Gemiddelde afloop | 783 m³/s |
Stroomgebiedopp. | 134 000 km² (53 400 myl²) |
Kaart van die Tsjoelim-bekken in Asië |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.