Tropiese of subtropiese grasveld, savanne en struikveld
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tropiese of subtropiese grasveld, savanne en struikveld is 'n terrestriële bioom wat deur die Wêreldnatuurlewefonds gedefinieer is.[1] Die bioom word oorheers deur gras en/of struike wat in semi-dorre tot semi-vogtige klimaatstreke van subtropiese en tropiese breedtegrade voorkom. Tropiese grasveld word hoofsaaklik tussen 5 grade en 20 grade Noord sowel as Suid van die ewenaar gevind.[2]