Tongeren
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tongeren (Limburgs: Tóngere, Frans: Tongres) is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die suide van die Vlaamse provinsie Limburg, aan die grens met die Waalse provinsie Luik. Die munisipale gebied het 'n oppervlakte van 88 km² en sowat 30 000 inwoners (2011).
Kitsfeite TongerenTóngere Tongres, Land ...
Tongeren Tóngere Tongres | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Romeinse wal | |
Ligging van Tongeren in die provinsie Limburg | |
Koördinate: 50°47′00″N 5°28′00″O | |
Land | België |
Gewes (deelstaat) | Vlaandere |
Provinsie | Limburg |
Regering | |
• Burgemeester | Patrick Dewael (Open VLD) |
Oppervlak | |
• Totaal | 87,56 km2 (33,81 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 30 301 |
• Digtheid | 346/km2 (900/vk. myl) |
Poskode | 3700 |
Skakelkodes | 012 |
Webwerf | www.tongeren.be |
Sluit
Tongeren is die oudste stad van België. Die stad dateer uit die tyd van die Romeinse Ryk en is omstreeks 15 v.C. as Atuatuca Tungrorum gestig. In die 2de eeu is die stad se naam na Municipium Tungrorum gewysig.