From Wikipedia, the free encyclopedia
Limburgs is 'n Wes-Germaanse taalvariëteit wat in die Nederlandse en Belgiese provinsies Limburg gepraat word en 'n bietjie in die provinsies Noord-Brabant en Luik. Ook oor die grens met Duitsland in die deelstaat Noordryn-Wesfale word dialekte gepraat wat by Limburgs hoort. Sommige mense beskou Limburgs as 'n taal, maar vir andere is dit 'n dialek. Die Limburgse variëteite, veral in die suidelike dele van Limburg, wyk sterk van Nederlands af, selfs sterker as Afrikaans.
Limburgs Limburgs | ||
---|---|---|
Gepraat in: | België Duitsland Nederland | |
Gebied: | Wes-Europa | |
Totale sprekers: | 1 600 000 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaanse Maas-Ryns Limburgs | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Limburg, België Limburg, Nederland | |
Gereguleer deur: | Veldeke Limburg, Raod veur 't Limburgs | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | li | |
ISO 639-2: | lim | |
ISO 639-3: | lim | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Limburgs, 'n streektaal, bestaan uit 'n groep van honderde dialekte, wat onderling baie groot verskille toon. Daarom beskik nie al hierdie dialekte oor die kenmerke wat hiernaas beskryf word nie.
Vele dialekte van Limburgs (en van Ripuaries) beskik oor 'n toonaksent, naamlik twee verskillende aksente wat in beklemtoonde lettergrepe gebesig word. Die verskil tussen hierdie twee aksente word gebruik vir onderskeiding van beide verskillende grammatiese vorme van 'n enkele lekseem (stel verwante verbuigings), en minimale toon-pare onderling. Met spesifieke verwysing na Limburgs, staan hierdie twee aksente tradisioneel bekend as stoottoon (sjtoettoen) en sleeptoon (sjleiptoen). Die sleeptoon is leksikaal, maar die stoottoon nié. Byvoorbeeld beteken [daːx˦˨˧] daa~g met 'n sleeptoon "'n dag" in Limburgs, terwyl in vele Limburgse dialekte [daːx˦˨] daa\g met 'n stoottoon die meervoudsvorm verteenwoordig, naamlik "dae". (Daarbenewens kan [daːx] ook geartikuleer word in 'n neutrale toon as 'n derde opsie, in welke geval dit "wees goed" beteken.)
Eersgenoemde verskil is grammatikaal, maar nie leksikaal nie. 'n Voorbeeld van 'n leksikale verskil veroorsaak deur sleeptoon is die woord [biː˦˨] bie\ wat geartikuleer word met 'n stoottoon en "by" (insek) beteken, wat 'n tonale minimale paar met [biː˦˨˧] bie~ vorm, wat met 'n sleeptoon geartikuleer word en "by" (posisie) beteken.
In Limburg word Limburgs gepraat, maar die algemeen aanvaarde kultuurtaal (skryftaal) is Nederlands. Daar is wel diegene wat dit jammer sal vind as Limburgs sou uitsterf, sodat Limburgs in stand gehou word deur ook in Limburgs te skryf. Limburgs is egter nie gestandaardiseer nie en daar bestaan ook geen eenstemmigheid oor die spelling van Limburgs nie.
Daar word wel informele pogings aangewend om Limburgs te standaardiseer, byvoorbeeld deur die vereniging Veldeke, wat 'n tydskrif uitgee waarin Limburgse gedigte en ander tekste gepubliseer word.
Die volgende sinsnedes: Ek praat tuis daagliks Limburgs. Hierdie taal moet deur ons toesien behou word, deur dit regdeur Limburg te gebruik. Doen jy ook mee?, word hier telkens in Limburgse dialekte weergegee:
Indo-Europese tale: Kentum-tale: Germaanse tale | ||
---|---|---|
Noord-Germaanse tale: | ||
Deens | Faroëes | Noors (Bokmål, Nynorsk) | Sweeds | Yslands | ||
Wes-Germaanse tale: | ||
Afrikaans | Duits | Engels | Fries (Noord-Fries, Oos-Fries/Saterfries, Wes-Fries) | Jiddisj | Limburgs | Luxemburgs | Nederduits | Nederlands (Oos-Vlaams, Wes-Vlaams) | Nedersaksies (Wes-Veluws) | Skots | ||
Oos-Germaanse tale: | ||
Boergondies (†) | Goties (†) | Vandaals (†) |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.