From Wikipedia, the free encyclopedia
Tiwaans of Toewaans (Tiwaans: тыва дыл, tiwa dil) is ’n Turkiese taal wat in die Republiek van Tiwa in Suidsentraal-Siberië gepraat word. Die taal het baie woorde uit Mongools en meer onlangs uit Russies geleen. Daar is ook Tiwaanssprekense minderhede in Mongolië en China.
Tiwaans тыва дыл tiwa dil | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Rusland | |
Gebied: | Tiwa | |
Totale sprekers: | 283 400[1] | |
Taalfamilie: | Turkies Siberies-Turkies Suid-Siberies Sayan-Turkies Tiwaans | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Rusland | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | tyv | |
ISO 639-3: | tyv | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Daar is hoofsaaklik vier dialekte in Tiwa self: Wes-, Sentraal-, Noordoos- en Suidoos-Tiwaans.
In Tiwaans word agtervoegsels gebruik om nuwe betekenisse aan woorde te gee. "Kameel" is byvoorbeeld tewe, "kamele" is tewe-ler, "my kamele" is tewe-ler-im en "van my kamele" is tewe-ler-im-den. Daar is ses naamvalle, en elke naamval-uitgang het ’n groot verskeidenheid gebruike en betekenisse, waarvan net ’n paar hier aangegee word.
Tewe | [tewe] | Nominatief | "kameel" (geen agtervoegsel) |
Tewe + /-NIŋ/ | [teweniŋ] | Genitief | "van die kameel" (die fonetiese simbool [ŋ] word 'ng' uitgespreek soos in 'sing') |
Tewe + /-NI/ | [teweni] | Akkusatief | "die kameel" (bepaalde lidwoord, direkte voorwerp, soos in "Ek sien DIE kameel") |
Tewe + /-KA/ | [tewege] | Datief | "vir die kameel" (in die verlede tyd) |
Tewe + /-DAn/ | [teweden] | Ablatief | "van die kameel" of "as ’n/die kameel" (soos in "groter as ’n/die kameel") |
Tewe + /-DA/ | [tewede] | Lokatief | "by die kameel" of "in die kameel" (dui soms ook besitting aan) |
Tiwaans is aanvanklik in die Mongoolse skrif geskryf.[2] In 1930 is ’n Latynse alfabet ontwerp en dié is in 1943 deur ’n Cyrilliese alfabet vervang wat vandag nog gebruik word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.