Tien Gebooie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tien Gebooie of Tien Woorde (Hebreeus: עשרת הדיברות, Aseret ha'Dibrot), ook Dekaloog (Grieks: δεκάλογος, dekálogos), is 'n lys godsdienstige en morele verpligtinge, wat volgens die Bybel deur God aan Moses gegee is op die berg Sinai (Eksodus 19:23[1]) of Horeb (Dewerim/Deuteronomium 5:2[2]). Die Joodse fees Sjavuot herdenk die ontvangs van die Tien Woorde deur Moses op die berg Sinai.