José de Ribera
skilder aktief in Rome en Napels / From Wikipedia, the free encyclopedia
José de Ribera (ook: Jusepe de Ribera, Giuseppe Ribera of Giusepe de Ribera, Xàtiva, 1591 – Napels, 2 September 1652) was 'n skilder uit die Napolitaanse of Spaanse skool. Hy is vermoedelik opgelei deur een van die mees vooraanstaande Spaanse skilders van die tyd, Francisco Ribalta. Ribera het vanaf 1606 in die artistiek-belangrike stede Parma en Rome gewoon; in 1616 vestig hy hom in Napels, destyds deel van die Spaanse Ryk. Ribera was vir 'n aansienlike tydperk hofskilder in diens van die Spaanse onderkoning Pedro Téllez-Girón. Hy sterf daar in 1652.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
José de Ribera | |
---|---|
Standbeeld van Ribera in Valencia | |
Gebore | 1591 |
Sterf | 2 September 1652 |
Beroep | skilder |
Sluit