Duitse klassieke geleerde en historikus (1817–1903) From Wikipedia, the free encyclopedia
Christian Matthias Theodor Mommsen (30 November 1817 – 1 November, 1903) was 'n Duitse leraar in die klassieke werke, en historikus, algemeen beskou as die belangrikste klassikus van die 19de eeu. Sy werk omtrent die Romeinse geskiedenis is vandag nog uiters belangrik vir navorsing oor die onderwerp. Hy het die Nobelprys vir Letterkunde ontvang in 1902,[1] en was 'n vooraanstaande Duitse politikus, as 'n lid van beide die Pruisiese en Duitse parlemente.
Theodor Mommsen | |
---|---|
Gebore | Christian Matthias Theodor Mommsen 30 November 1817 Garding, Sleeswyk |
Sterf | 1 November 1903 |
Nasionaliteit | Duitse Keiserryk |
Beroep | Klassieke geleerde, regsgeleerde, historikus |
Ouer(s) | Georg Friedrich Kellner Barbara Wilhelmine née Vaigle |
Mommsen is in Garding in Sleeswyk gebore ('n Duitse staat op die grens tussen Duitsland en Denemarke), en het grootgeword in Bad Oldesloe in dieselfde staat. Hy was eers 'n hoogleraar in geskiedenis aan die Universiteit van Leipzig, het toe lid geword van die Akademie van Wetenskappe in Berlyn in 1858, en daarna hoogleraar in Romeinse geskiedenis aan die Universiteit van Berlyn in 1861.
Hy het talle eerbewyse ontvang vir sy wetenskaplike prestasies: die "Blou Max", Pruise se hoogste militêre eerbewys in 1868; ereburgerskap van Rome; en die Nobelprys, een van weinige nie-fiksieskrywers om dié toekenning te verwerf.
Mommsen was beide die oudste persoon om ooit die Letterkundeprys te verower (hy was 85 jaar oud) en ook die persoon met die vroegste geboortedatum (1817).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.