From Wikipedia, the free encyclopedia
Tartarye is die historiese benaming van Sentraal-Asië, Noord-Asië en dele van Oos-Europa. Hierdie gebied was die tuisland van die Tatare, 'n sambreelterm wat vroeër algemeen gebruik is om na Mongole en Turkse volkere te verwys, en die gebied waaroor die Mongoolse Ryk en sy opvolgerstate beheer gehad het. Voor die tyd van die ontdekkingsreisigers Zheng He en Christophorus Columbus het Europeërs dikwels na alle onbekende gebiede buite Europa en Afrika as Tartarye verwys.
Die term Tartarye is vanaf die middeleeue tot in die 19de eeu deur Europeërs gebruik, maar is deur moderne terme vervang nadat westelike verkenners met wetenskaplike navorsing oor die betrokke Asiatiese gebiede begin het en die politieke omstandighede en etniese identiteite met die uitbreiding van die Russiese Ryk en die vestiging van Russiese setlaars ingrypend verander het. In die Russiese konteks is die term Tartarye gewoonlik vervang met Siberië.
Tartarye is tradisioneel onderverdeel in:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.