Tamils
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tamils (Tamil: தமிழர், tamiẓar (enkelvoud) [t̪ɐmɪɻɐɾ], of Tamil: தமிழர்கள், tamiẓarkaḷ (meervoud) [t̪ɐmɪɻɐɾxɐɭ]) is 'n Drawidiese etniese groep inheems aan Suid-Indië en Sri Lanka wat Tamil as moedertaal praat. Hulle vorm die grootste bevolkingsgroep in die Indiese deelstaat van Tamil Nadu en die uniegebied van Puducherry asook van die noordelike en oostelike provinsies van Sri Lanka.[13] Tamils is die grootste etniese groep ter wêreld sonder 'n eie onafhanklike land.[14][15] Tamils vorm byna 25% van Sri Lanka (die ander 75% is Singalese in die suidelike en westelike provinsies), 5,9% van Indië, 5,8% van Mauritius, 5,7% van Maleisië en 5% van Singapoer se bevolking.
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Tamil.
Tamils | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 75 miljoen[1] |
Belangrike bevolkings in: | Indië ~61 miljoen[2] Maleisië ~4 miljoen[3] |
Taal: | Tamil |
Geloofsoortuiging: | Oorwegend: Hindoeïsme Minderhede: Islam • Christendom • Djainisme • Boeddhisme |
Verwante etniese groepe: | Drawide • Telugus • Kannadigas • Tuluvas • Malayalis • Indo-Ariërs • Giraavarus[11] • Singalese[12] |
Wêreldwyd leef sowat 75 miljoen Tamils, waarvan omtrent 61 miljoen in Indië, byna 4 miljoen in Maleisië en meer as 3 miljoen in Sri Lanka. In Suid-Afrika leef sowat 250 000 Tamils, veral in die provinsie van KwaZulu-Natal. Hulle behoort tot die Indiese Suid-Afrikaners.