Die term Drawidas of Dravidas verwys na mense wat een van die Drawidiese tale as moedertaal praat. Daar is sowat 245 miljoen mense wat 'n Drawidiese taal as moedertaal besig.[1] Drawidas stel die meerderheid in Suid-Indië en is inheems aan Indië, Pakistan, Afghanistan,[2] Bangladesj, Maledive en Sri Lanka.[3]

Thumb
Verspreiding van die Drawidiese tale binne die tale van Suid-Asië
Thumb
Stamboom van Drawidiese tale
Kitsfeite Drawide ...
Drawide
Geografiese
verspreiding:
Suid-Asië, meestal suidelike Indië en noordelike Sri Lanka
Genetiese
klassifikasie
:

 Drawide
Onderafdelings:
Noord-Drawidies
Sentraal-Drawidies
Suid-Sentraal-Drawidies
Suid-Drawidies
Thumb

Verspreiding van Drawidiese tale:

 Noord

 Sentraal

 Suid-Sentraal

 Suid

Sluit

Proto-Drawidies is dalk deur die Indusvalleibeskawing gebesig, wat daarop dui dat Proto-Drawidies aan die begin van die derde millennium v.C. gepraat is,[4] aansluitend het dit in verskeie Drawidiese tale verbrokkel.[5] Suid-Drawidies I (insluitende voor-Tamil) en Suid-Drawidies II (insluitende voor-Telugu) stig rondom die 11de eeu v.C., met die ander hooftakke wat rondom dieselfde tyd afgestig het.[6]

Die oorsprong van die Drawidas is 'n "baie komplekse onderwerp van navorsing en debat". Hulle is dalk inheems aan die Indiese subkontinent,[7][8][9] maar 'n herkoms of invloed van Wes-Asië is ook al voorgestel.[10][11][12][13] Hul oorsprong word dikwels in verband gesien met die Indusvalleibeskawing,[13][14] waarvandaan mense ná die einde van die Indusvalleibeskawing in die vroeë tweede millenium v.C. saam met hul tale oos- en suidwaarts begin versprei het,[15] gelyktydig met die opkoms van Indo-Ariërs,[16] met wie hulle 'n intensiewe omgang gehad het.[17] Van die onlangse DNA-bewyse dui op 'n verband tussen 'n lyk, wat op die Harappan-terrein van Rakhigarhi in Haryana gevind is, en "Antieke Suid-Indiërs".[18] Uit hierdie interaksies en migrasies ontstaan ná 500 v.C. uiteindelik die sogenaamde "Hindoe-sintese". [19]

Die derde eeu v.C. het die opkoms van groot koninkryke in Suid-Indië gesien. Middeleeuse Tamilse gildes en handelsorganisasies soos die "Ayyavole en Manigramam" het 'n belangrike rol in die Suidoos-Asiatiese handel[20] en die kulturele Indianisering van die streek gespeel.

Die Drawidiese visuele kuns word deur gestileerde tempelargitektuur in hoofsentra en die vervaardiging van beelde van klip- en bronsbeeldhouwerke oorheers. Die skulptuur wat uit die Chola-tydperk dateer het 'n bekende simbool van Hindoeïsme geword.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.