From Wikipedia, the free encyclopedia
Sydney Brenner (13 Januarie 1927 – 5 April 2019) was 'n Suid-Afrikaanse molekulêre bioloog en Nobelpryswenner. In 2002 wen hy die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde saam met H. Robert Horvitz en John Sulston vir hul ontdekkings oor die genetiese regulering van orgaan-ontwikkeling en geprogrammeerde seldood.[10][11]
Sydney Brenner | |
Sydney Brenner in 2008 | |
Gebore | Germiston, Suid-Afrika | 13 Januarie 1927
---|---|
Oorlede | 5 April 2019 (op 92) Singapoer |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Vakgebied | Biologie, geneeskunde |
Instelling(s) | Universiteit van die Witwatersrand Universiteit van Cambridge Universiteit van Kalifornië, Berkeley Molecular Sciences Institute Scripps Research Institute[1] Salk Institute for Biological Studies Howard Hughes Medical Institute[2] Laboratory of Molecular Biology Okinawa Institute of Science and Technology[3] |
Alma mater | Universiteit van die Witwatersrand (MSc, MBBCh) Universiteit van Oxford (DPhil) |
Doktorale promotor(s) | Cyril Hinshelwood[4][5] |
Doktorale student(e) | Gerald M. Rubin[4] John G. White[4] |
Bekend vir | Genetika van Caenorhabditis elegans[6][7] |
Beïnvloed deur | Fred Sanger[8] |
Toekennings | EMBO-lidmaatskap (1964)[9] FRS (1965) William Bate Hardy-prys (1969) Albert Lasker Mediese Navorsingsraad-toekenning (1971) Royal Medal (1974) Gairdner Foundation Internasionale Toekenning (1978) Krebs-medalje (1980) Rosenstiel-toekenning (1986) Harvey-prys (1987) Genetics Society of America Medal (1987) Kioto-prys (1990) Copley-medalje (1991) Gairdner Foundation Internasionale Toekenning (1991) Koning Faisal Internasionale Prys in Medisyne (1992) Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde (2002) Dan David-prys (2002) |
Brenner is op 13 Januarie 1927 as die seun van Joodse immigrante in Germiston gebore. Sy pa (Morris Brenner) kom in 1910 uit Litaue, en sy ma (Lena Blacher) in 1922 uit Letland in Suid-Afrika aan.[12] Brenner is aan die Germiston Hoërskool en die Universiteit van die Witwatersrand opgelei. Vervolgens voltooi hy sy PhD aan die Exeter College in Oxford. In 1953 was hy saam met Dorothy Hodgkin, Leslie Orgel, Jack Dunitz en Beryl Oughton van die eerste mense om 'n model van die struktuur van DNS te sien, wat deur Francis Crick en James Watson geskep is. Op daai oomblik was hy by die fakulteit skeikunde van die Universiteit van Oxford werksaam. Brenner werk later met Crick in die Cavendish-laboratorium, asook by die Laboratorium van Molekulêre Biologie in Cambridge.
Brenner maak in die 1960's fundamentele ontdekkings op die gebied van molekulêre biologie, wat toe opgang beleef. So was hy by die identifikasie van boodskapper-RNS (mRNA, messenger RNA) betrokke, en ontdek hy en Crick "frameshift"-mutasies in 1961. Die navorsing gee al deels insig in die genetiese kode. Brenner fokus vervolgens op die gebruik van rondewurms (Caenorhabditis elegans) as 'n modelorganisme om die ontwikkeling van diere te ondersoek. Brenner kies hierdie 1 millimeter lang, deursigtige wurmpies omdat dit vir genetiese analise geskik is, en vinnig in groot hoeveelhede geteel kan word. Die titel van sy Nobeltoespraak, "Nature's Gift to Science", is 'n verwysing na hierdie wurms.[13]
In 1996 stig hy Berkeley se Instituut vir Molekulêre Wetenskappe en word in 2000 'n Distinguished Research Professor aan die Salk-instituut vir Biologiese Studies. Hy verbind hom aan die Institute of Molecular and Cell Biology in Singapoer, die Okinawa Institute of Science and Technology, die Janelia Farm Research Campus en die Howard Hughes Medical Institute. Hy is ook lid van die Raad van Wetenskaplike Bestuur aan die The Scripps Research Institute. Brenner het vir jare lank artikels vir die tydskrif Current Biology geskryf.
Op 11 Oktober 2006 wen Brenner A*STAR (Agency for Science, Technology and Research) se Nasionale Wetenskap en Tegnologie-medalje in Singapoer.[14] Hy is op 5 April 2019 in Singapoer, op die ouderdom van 92, oorlede.[15]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.