Suid-Soedan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Suid-Soedan (Engels: South Sudan; Swahili: Sudan Kusini), amptelik die Republiek Suid-Soedan (Engels: Republic of South Sudan; Swahili: Jamhuri ya Sudan Kusini), is 'n landingeslote land in Oos-Afrika en grens aan Soedan in die noorde, Ethiopië in die ooste, Kenia, Uganda en die Demokratiese Republiek van die Kongo in die suide en die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die weste. Die hoofstad en grootste stad is Joeba, hoewel die regering 'n nuwe hoofstad beplan. Suid-Soedan het 'n bevolking van 8 260 490 in 2008 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 619 745 km².
| |||||
Nasionale leuse: Justice, Liberty, Prosperity (Engels vir: "Geregtigheid, Vryheid, Voorspoed") | |||||
Volkslied: South Sudan Oyee! | |||||
Hoofstad | Joeba | ||||
Grootste stad | Joeba | ||||
Amptelike tale | Engels[1][2] en Swahili[3][4] | ||||
Regering | Federale presidensiële grondwetlike republiek[5] Salva Kiir Mayardit James Wani Igga Taban Deng Gai | ||||
Onafhanklikheid • Ontbinding van die Anglo-Egiptiese Soedan • Omvattende vredesooreenkoms • Outonomie • Onafhanklikheid en grondwet |
van Soedan 31 Desember 1955 6 Januarie 2005 9 Julie 2005 9 Julie 2011 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
619 745 km2 (41ste) 239 285 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2016-skatting - 2008-sensus - Digtheid |
12 230 730[6] (94ste) 8 260 490[7] (omstrede) 13,33 / km2 (214de) 34,52 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2020-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2020-skatting | ||||
MOI (2018) | 0,413[9] (186ste) – laag | ||||
Gini (2009) | 46,3[10] – medium | ||||
Geldeenheid | Pond (SSP ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
OAT (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .ss[11]a | ||||
Skakelkode | +211[12] | ||||
a. Geregistreer, maar nog nie in werking nie. |
Suid-Soedan het op 9 Julie 2011 as gevolg van 'n positiewe referendum sy onafhanklikheid van Soedan verklaar en is sedertdien die wêreld se jongste onafhanklike land. Kort daarna het egter nuwe etniese geweld uitgebreek wat in 2013 tot 'n burgeroorlog ontwikkel het. Suid-Soedan word algemeen as 'n mislukte staat beskou.[13] Die Suid-Soedanese regering is tans op soek vir 'n nuwe stad wat as hoofstad kan dien, waarvan Ramciel die gunsteling is.[14] Dit word egter deur die voortdurende Suid-Soedanese burgeroorlog bemoeilik.