Suid-Afrikaanse Lugdiens-vlug 228
From Wikipedia, the free encyclopedia
Vlug 228 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens was 'n geskeduleerde vlug vanaf die Jan Smuts Lughawe in Johannesburg, Suid-Afrika na Heathrow in Londen. Die vliegtuig het in Windhoek in Suidwes-Afrika (die hedendaagse Namibië) oorgestop. Kort nadat dit weer opgestyg het, het dit in die grond in gevlieg.[1] Vyf passasiers oorleef, maar 123 kom in die ongeluk om. Die daaropvolgende ondersoek toon dat die ongeluk deur 'n fout van die vlieëniers veroorsaak is. Tot hede is dit die dodelikste vliegongeluk wat nog in Namibië plaasgevind het.[1]
Suid-Afrikaanse Lugdiens-vlug 228 | |
---|---|
Datum: | 20 April 1968 |
Oorsaak: | Beheerde vlug in terrein |
Plek van ramp: | JG Strijdom Lughawe, Windhoek, Suidwes-Afrika |
Sterftes: | 123 |
Beserings: | 5 |
Vliegtuigtipe: | Boeing 707-344C |
Vliegtuig-stertnommer: | ZS-EUW |
Oorsprong: | Jan Smuts Internasionale Lughawe, Johannesburg, Suid-Afrika |
Halte 1: | Windhoek, dan Luanda |
Halte 2: | Las Palmas |
Halte 3: | Frankfurt |
Bestemming: | Lughawe Londen-Heathrow, Londen, Verenigde Koninkryk |
Passasiers: | 116 |
Bemanning: | 12 |
Oorlewendes: | 5 |