From Wikipedia, the free encyclopedia
Stowe is 'n dorp in die Lamoille-distrik van die Amerikaanse deelstaat Vermont (Nieu-Engeland) met 4 339 inwoners volgens die sensus van die jaar 2000. Die eerste nedersetting het in 1794 ontstaan, en die dorp is in 1896 geïnkorporeer. Stowe is 'n gewilde toeristebestemming en een van die grootste ski-oorde in Nieu-Engeland.
Stowe | |
---|---|
Stad | |
Stowe in die winter | |
Ligging van Stowe in Vermont, VSA | |
Koördinate: 44°28′31″N 72°42′08″W | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Vermont |
County | Lamoille |
Oppervlak | |
• Totaal | 188,4 km2 (72,7 vk. myl) |
• Land | 188,2 km2 (72,6 vk. myl) |
• Water | 0,2 km2 (0,1 vk. myl) |
Hoogte | 295 m (968 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 4 339 |
• Digtheid | 23,1/km2 (59,7/vk. myl) |
Tydsone | UTC-05:00 (EST) |
• Somertyd | UTC-04:00 (EDT) |
ZIP-kode | 05672 |
Skakelkodes | 802 |
Webwerf | townofstowevt.org |
Stowe het volgens die Sensusburo van die Verenigde State 'n totale oppervlak van 188,4 vierkante kilometer (72,7 vierkante myl), waarvan 188,2 vierkante kilometer land en 0,2 vk km of 0,1 persent water. Ten opsigte van sy oppervlak is dit die grootste dorp in die deelstaat Vermont.
Volgens die 2000-sensus was daar 1 905 huishoudings en 1 129 gesinne in die dorp. Die bevolkingsdigtheid was 23,1 inwoners per vierkante kilometer of 59,7 inwoners per vierkante myl. Van die bevolking was 97,51 persent Blankes, 0,28 persent Swartes, 0,37 persent Indiane, 0,44 persent Asiate, 0,23 persent van ander etniese afkoms, en 1,18 prsent van gemengde afkoms.
Die gemiddelde jaarlikse inkomste van 'n huishouding was VSA-$ 52 378 en dié van 'n gesin VSA-$ 64 700. Die gemiddelde jaarlikse inkomste van mans was VSA-$ 37 788 teenoor vroue se VSA-$ 31 689. Die per-capita-inkomste in Stowe was VSA-$ 35 474. Sowat 3,7 persent van die gesinne en 6,8 persent van die totale bevolking was onder die broodlyn.
Die plaaslike ekonomie steun oorwegend op toerisme. 'n Groot aantal lodges, winkels en restourante verskaf hulle dienste veral aan toeriste. Die skigebied van Stowe Bergoord is die belangrikste werkgewer tydens die winter.
Alhoewel Stowe vir sy skisportgeriewe bekend staan, is die somer nogtans die belangrikste toeristeseisoen in Stowe, wat meer inkomste oplewer as die ander drie seisoene.
Die plaaslike nywerhede, wat vroeër skoene vervaardig het, is intussen gesluit, nadat hulle bedrywighede na China verskuif is. Ander plaaslike produkte sluit kano's, elektroniese uitrusting, houtprodukte en esdoringsuiker in. Melkboerdery, veeteelt en handel met ou kunswerk is eweneens belangrike bronne van inkomste.
Mount Mansfield is Vermont se hoogste bergspits en 'n skigebied van wêreldgehalte. Die Front Four-skipaaie (National, Lift Line, Starr en Goat) behoort tot die uitdagendste en mees bekende skipaaie in die land, wat geskik is vir almal, van beginners tot die mees gevorderdes. Die laer geleë Spruce Peak-bergspits is geskik vir beginners en gevorderdes. Stowe Bergoord word dikwels "Die Ski-hoofstad van die Ooste" genoem.
Die Stowe Ontspanningspad, wat algemeen bekend staan as die Stowe Fietspad, is 'n ontspanningspad, wat oor 'n afstand van 5,3 myl loop en in 1989 teen 'n koste van VSA-$ 680 000 voltooi is. Die Fietspad het verskeie toekennings ontvang.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Stowe, Vermont. |
Deelstaat Vermont | |
---|---|
Onderwerpe |
Grondwet | Kultuur | Geografie | Regering | Geskiedenis | Ekonomie | Stede | Nedersettings in Vermont |
Hoofstad | |
Streke |
Champlainvallei | Groen Berge | Mount Mansfield | Northeast Kingdom |
Distrikte |
Addison | Bennington | Caledonia | Chittenden | Essex | Franklin | Grand Isle | Lamoille | Orange | Orleans | Rutland | Washington | Windham | Windsor |
Stede |
Barre | Burlington | Montpelier | Newport | Rutland | South Burlington | St. Albans | Vergennes | Winooski |
Dorpe |
Bennington | Calais | Stowe | Williston |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.