From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Stiersprong (Grieks: ταυροκαθάψια, taurokathapsia) is ’n bekende motief in die figuratiewe kuns van die Middel-Bronstydperk, byvoorbeeld in die Minoïese beskawing op Kreta. Dit is ook aangetref in die ryk van die Hetiete in Anatolië, die Levant en die Indusvalleibeskawing. Dit word dikwels beskou as die uitbeelding van ’n ritueel in verband met die verering van die bul, soos dit al in Antieke Egipte voorgekom het.
Vandag is dit steeds ’n sportsoort in die suide van Frankryk, waar ’n atletiese persoon ’n akrobatiese sprong oor ’n aanvallende bul (of koei) uitvoer. In dele van Spanje word selfs ’n lang paal gebruik om oor ’n bul paal te spring.
Younger[1] het in 1995 drie soorte stierspronge uit die antieke tyd geïdentifiseer:
Afbeeldings van tipe III word dikwels aangetref in die laat Minoïese (IIIB)-kuns (1400 tot 1300 v.C.). Fresko's in Avaris uit die 18de Dinastie van Egipte (1600 tot 1400 v.C.) het soortgelyke afbeeldings naas tipiese Egiptiese motiewe; daarom word geglo hulle is gemaak deur Egiptenare wat die motiewe in Minoïese Kreta geleer het.
Ander voorbeelde van stierspronge is in Sirië ontdek, byvoorbeeld ’n silindriese seëlafdruk in laag VII in Alalakh (uit die Babiloniese Tydperk, 1900 tot 1800 v.C.): Twee akrobate staan op hul hande op die rug van ’n bul met ’n anch-teken tussen hulle geplaas.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.