Stephan se Kwintet
'n groep van vyf sterrestelsels / From Wikipedia, the free encyclopedia
Stephan se Kwintet in die sterrebeeld Vlieënde Perd is ’n groep wat soos vyf sterrestelsels lyk wat verbind is, waarvan vier die heel eerste kompakte sterrestelselgroep is wat ontdek is.[2] Die groep is in 1877 deur Édouard Stephan ontdek by die Marseille-sterrewag.[3]
Kitsfeite Soort, Sterrebeeld ...
Stephan se Kwintet | |
---|---|
'n Foto deur die Hubble-ruimteteleskoop van Stephan se Kwintet. Ondanks die groep se naam is die sterrestelsel links bo, NGC 7320, eintlik sewe keer nader aan die Aarde en dus nie in wisselwerking met die ander vier stelsels nie. | |
Soort | Sterrestelselgroep |
Sterrebeeld | Vlieënde Perd |
Waarnemingsdata (Epog J2000) | |
Regte klimming | 22h 35m 57.5s[1] |
Deklinasie | +33° 57′ 36″[1] |
Afstand (ligjaar) | Maks. 340 miljoen |
Ander name | |
HCG 92, Arp 319, VV 288,[1] SQ[2] | |
Portaal Sterrekunde |
Sluit
Dit is die kompakte groep stelsels wat nog die meeste bestudeer is.[2] Die helderste van die vyf stelsels is die spiraalsterrestelsel NGC 7320, met uitgebreide H II-gebiede, wat soos rooi kolle lyk, waar aktiewe stervorming plaasvind.