Stadio Sergio Lanfranchi
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.
Stadio Sergio Lanfranchi, voorheen bekend as Stadio XXV Aprile, is ’n sportstadion in Parma, Italië wat vir rugby gebruik word. Dit bied sitplek aan 5 000 toeskouers. Die stadion vervang die vorige gelyknamige stadion wat in Julie 2008 gesloop is.
Stadio Sergio Lanfranchi | ||
Ligging | Cortile San Martino, Parma, Italië | |
---|---|---|
Koördinate | 44°49′34″N 10°19′44″O | |
Eienaar | Parma (stad) | |
Kapasiteit | 5 000 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | 2007 | |
Geopen | 2008 | |
Renovasie | 2014 | |
Huurders | ||
Zebre, Crociati Parma RVK, Gran Parma Rugby, Parma Panthers |
Die stadion was die tuisveld van Crociati Parma Rugbyvoetbalklub (van 2010 tot 2014)[1] en Gran Parma Rugby (van 2010 tot 2011);[2] albei spanne het ontbind. Die stadion is ook die tuisveld van die Parma Panthers, ’n Amerikaansevoetbalspan.[3] In 2012 het dit ook die tuisveld van Zebre,[4] die klub wat Aironi in die Pro12 en Heinekenbeker vervang het, geword.[5]
In Januarie 2015 het die stadion se naam van Stadio XXV Aprile na die huidige naam verander..[6]
Stadio Sergio Lanfranchi was ’n sportstadion in Parma in die Emilia-Romagna-streek van noord-Italië.
Die stadion is vernoem na Sergio Lanfranchi (1925–2001), ’n internasionale rugbyspeler van Parma, wat tussen 1949 en 1961 as stut vir Italië gespeel het en die meeste van sy klubloopbaan in Frankryk deurgebring het.[7]
Die stadion het sitplek vir 3 600 toeskouers gebied en was die tuisveld van Gran Parma Rugby[8] en Rugby Parma V.K. 1931.[9] Voor die huidige stadion was dit ook die tuisveld van die Parma Panthers.[10] Die stadion word verskeie kere genoem in John Grisham se boek Playing for Pizza.
Die stadion is in Julie 2008 gesloop omdat die area gekies is om die hoofkwartier van die Europese Owerheid vir Voedselveiligheid te word.