Die Verenigde Rugbykampioenskap is ’n jaarlikse rugbykompetisie met spanne van Ierland, Italië, Skotland, Suid-Afrika en Wallis. Die toernooi is een van die drie hoof- professionele toernooie in Europa (naas die Engelse Premierskap en die Franse Top 14) en die suksesvolste spanne in hierdie toernooi ding mee om die Europese Rugbykampioenbeker.
Verenigde Rugbykampioenskap | |
2024-’25 | |
Sportsoort | Rugby |
---|---|
Gestig | 2001 (as Keltiese Liga) 2011 (as Pro12) 2017 (as Pro14) 2021 (as Verenigde Rugbykampioenskap) |
Eienaar | IRFU, FIR, SRU, SARU, WRU |
Inwydingseisoen | 2001-’02 (Keltiese Liga) 2011-’12 (Pro12) 2017-’18 (Pro14) 2021-’22 (Verenigde Rugbykampioenskap) |
Deelnemende lande | Ierland Italië Skotland Suid-Afrika Wallis |
Aantal spanne | 16: vier uit Ierland, twee uit Italië, twee uit Skotland, vier uit Suid-Afrika en vier uit Wallis |
Mees onlangse kampioen | Glasgow Warriors (2023-’24) |
Verwante kompetisies | Europese Rugbykampioenbeker |
Borg(e) | Roc Nation |
Die eerste seisoen van die toernooi, 2001-’02, het bekend gestaan as die Keltiese Liga[1] en het bestaan uit spanne van Ierland, Skotland en Wallis. Aan die begin van die 2010-’11-seisoen is die toernooi van tien na twaalf spanne uitgebrei om twee Italiaanse spanne te inkorporeer. Die naam “Pro12” is in 2011 aanvaar om aan te dui dat spanne buite die Keltiese nasies nou ook aan die toernooi deelneem. In 2017 is aangekondig dat twee Suid-Afrikaanse spanne ook aan die toernooi deelneem.[2]
Spanne
Die toernooi is gebaseer op streeks-/provinsiale verteenwoordiging van deelnemende lande, behalwe vir Treviso wat die stad Treviso self verteenwoordig. Benetton Treviso is weens sy lang geskiedenis gekies nadat ’n projek om ’n tweede streekspan, Praetorians Roma, saam te stel, misluk het.[3]
Klub | Gestig | Ligging | Stadion | Kapasiteit | Kampioenskappe (Onlangsste) |
---|---|---|---|---|---|
Benetton Treviso | 1932 | Treviso, Italië | Stadio Comunale di Monigo | 6 700 | 0 (NVT) |
Bulls | 1997 | Pretoria, Suid-Afrika | Loftus Versfeld | 51 762 | 0 (NVT) |
Cardiff Blues | 2003 | Cardiff, Wallis | Cardiff Arms Park | 12 125 | 0 (NVT) |
Connacht | 1885 | Galway, Ierland | Galway Sportgronde | 8 100 | 1 (2016) |
Dragons | 2003 | Newport, Wallis | Rodney Parade | 8 500 | 0 (NVT) |
Edinburgh | 1872 | Edinburgh, Skotland | Murrayfield New Myreside |
67 144 5 500 |
0 (NVT) |
Glasgow Warriors | 1872 | Glasgow, Skotland | Scotstoun | 7 351 | 2 (2024) |
Leinster | 1879 | Dublin, Ierland | RDS / Aviva Stadium | 18 500 / 51 200 | 8 (2021) |
Lions | 1996 | Johannesburg, Suid-Afrika | Ellispark-stadion | 62 567 | 0 (NVT) |
Munster | 1879 | Limerick / Cork, Ierland | Thomond Park / Irish Independent Park | 25 600 / 9 250 | 4 (2023) |
Ospreys | 2003 | Swansea, Wallis | Liberty-stadion | 20 827 | 4 (2012) |
Scarlets | 2003 | Llanelli, Wallis | Parc y Scarlets | 14 870 | 2 (2017) |
Sharks | 1995 | Durban, Suid-Afrika | Kings Park-stadion | 52 000 | 0 (NVT) |
Stormers | 1997 | Kaapstad, Suid-Afrika | Kaapstad-stadion | 55 000 | 1 (2022) |
Ulster | 1879 | Belfast, Noord-Ierland | Kingspan-stadion | 18 196 | 1 (2006) |
Zebre | 1973 | Parma, Italië | Stadio Sergio Lanfranchi | 5 000 | 0 (NVT) |
Italiaanse deelname sedert 2010-’11
In November 2008 het die raad van die Keltiese Liga vergader om die moontlikheid van Italiaanse deelname te bespreek; Roger Lewis, uitvoerende hoof van die Walliese Rugbyunie, het genoem dat die toernooi positief was oor Italiaanse deelname. Na ’n raadsvergadering van die Italiaanse Rugbyfederasie (FIR) op 19 Desember 2008 waar voorstelle ter verbetering van Italiaanse rugby bespreek is,[4] het die FIR aangekondig dat ’n voorstel vir deelname aan die Keltiese Liga ingedien sou word. Die FIR had twee moontlikhede – skryf vier bestaande Italiaanse klubs vanuit die Nasionale Kampioenskap van Uitnemendheid vir die Liga in; of skep twee spanne uit spelers wat kwalifiseer om vir Italië te speel.[5]
Op 18 Julie 2009 het die FIR aangekondig dat Aironi en Pretoriani Roma met aanvang van die 2010-’11-seisoen in die Keltiese Liga sou speel – Benetton Rugby Treviso en Duchi Nord-Ovest het nie in hul botte geslaag nie. Pretoriani sou in Rome gebaseer wees met die Stadio Flaminio as tuisveld, terwyl Aironi in Viadana gebaseer sou wees met sommige wedstryde wat in Reggio Emilia sou plaasvind.[6] Op 2 Oktober 2009 het die FIR egter voorgestel dat Benetton Treviso in die plek van Pretoriani Roma deelneem.[7]
Op 28 Januarie 2010 het die FIR verklaar dat hy aan die onderhandeling onttrek het, weens die waarborgbedrag van €3-miljoen wat deur die Keltiese Liga gevra is as hoofrede.[8][9][10] Teen 7 Februarie het die Italiaanse klubs egter die nodige befondsing bekom.[11] Teen 8 Maart 2010 is ’n ooreenkoms waarin Aironi en Benetton Treviso tydens 2010-’11 aan die Keltiese Liga sou deelneem, gefinaliseer. Die spanne is ook ’n plek in die Heinekenbeker gewaarborg.[12]
Teen die einde van die 2011-’12-seisoen was Aironi as streekspan egter nie meer beskikbaar vir deelname aan toekomstige kompetisies nie, omrede hulle op 6 April 2012 weens finansiële redes ’n voortganglisensie geweier is.[13] Hulle is deur Zebre vervang.[14]
Vorige spanne
Span | Jare | Ligging | Stadion(s) (kapasiteit) |
---|---|---|---|
Aironi | 2010–2012 | Viadana | Stadio Luigi Zaffanella (6 000) |
Border Reivers | 2002–2007 | Galashiels | Netherdale (6 000) |
Celtic Warriors | 2003–2004 | Bridgend en Pontypridd | Brewery Field (12 000) Sardis Road (8 000) |
Bridgend | 2001–2003 | Bridgend, Wallis | Brewery Field (6 000) |
Caerphilly | 2001–2003 | Caerphilly, Wallis | Virginia Park (5 000) |
Cardiff | 2001–2003 | Cardiff, Wallis | Cardiff Arms Park (12 500) |
Ebbw Vale | 2001–2003 | Ebbw Vale, Wallis | Eugene Cross Park (8 000) |
Llanelli | 2001–2003 | Llanelli, Wallis | Stradey Park (10 800) |
Neath | 2001–2003 | Neath, Wallis | The Gnoll (6 000) |
Newport | 2001–2003 | Newport, Wallis | Rodney Parade (11 676) |
Pontypridd | 2001–2003 | Pontypridd, Wallis | Sardis Road (7 861) |
Swansea | 2001–2003 | Swansea, Wallis | St Helen’s (4 500) |
Cheetahs | 2017–2020 | Bloemfontein, Suid-Afrika | Vrystaatstadion (46 000) |
Kings | 2017−2020 | Port Elizabeth, Suid-Afrika | Nelson Mandelabaaistadion (48 000) |
Notas:
- Voor regionalisering, van 2001 tot 2003, is Wallis deur nege klubs wat in die Walliese Premierskap gespeel het, verteenwoordig.
- Aironi is deur Zebre vervang, wat beteken dat daar steeds twee Italiaanse spanne was.
- Die Border Reivers is deur die Skotse Rugbyunie ontbind om geld te bespaar.[15]
Ander lande
Benewens die suksesvolle onderhandeling met Italië,[16][17] is gesprekke op onderbroke basis met Suid-Afrika gevoer oor moontlike uitbreiding van die Pro12.[18][19] ’n 24-span Reënboogbeker met 11 Keltiese, 9 Suid-Afrikaanse en 4 Italiaanse spanne is in 2005 aangekondig,[20] Maar die idee is weens finansiële redes aan Europese kant[19] en leierskapveranderinge in die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU), laat vaar.
London Welsh het in 2006 belangstelling getoon in aansluiting by die Keltiese Liga indien promosie en relegasie uit die Engelse Premierskap verwyder sou word.[21]
Uitslae
Volgens Jaar
Liga
|
Keltiese Beker
|
Volgens kampioenskapseges
Span | Titels | Jare | Tweede plekke | Jare |
---|---|---|---|---|
Leinster | 8 | 2001-’02, 2007-’08, 2012-’13, 2013-’14, 2017-’18, 2018-’19, 2019-’20, 2020-’21 | 5 | 2005-’06, 2009-’10, 2010-’11, 2011-’12, 2015-’16 |
Ospreys | 4 | 2004-’05, 2006-’07, 2009-’10, 2011-’12 | 0 | |
Munster | 4 | 2002-’03, 2008-’09, 2010-’11, 2022-’23 | 5 | 2001-’02, 2004-’05, 2014-’15, 2016-’17, 2020-’21 |
Scarlets | 2 | 2003-’04, 2016-’17 | 1 | 2017-’18 |
Ulster | 1 | 2005-’06 | 3 | 2003-’04, 2012-’13, 2019-’20 |
Glasgow Warriors | 2 | 2014-’15, 2023-’24 | 2 | 2013-’14, 2018-’19 |
Stormers | 1 | 2021-’22 | 1 | 2022-’23 |
Connacht | 1 | 2015-’16 | 0 | |
Cardiff Blues | 0 | 2 | 2006-’07, 2007-’08 | |
Edinburgh | 0 | 1 | 2008-’09 | |
Bulls | 0 | 2 | 2021-’22, 2023-’24 | |
Neath | 0 | 1 | 2002-’03 |
Volgens land
Land | Titels | Spanne | Tweede plekke | Spanne |
---|---|---|---|---|
Ierland | 14 | Leinster (8), Munster (4), Ulster (1), Connacht (1) | 13 | Leinster (5), Munster (5), Ulster (3) |
Wallis | 6 | Ospreys (4), Scarlets (2) | 4 | Cardiff Blues (2), Neath (1), Scarlets (1) |
Skotland | 2 | Glasgow Warriors (2) | 3 | Edinburgh (1), Glasgow Warriors (2) |
Suid-Afrika | 1 | Stormers (1) | 3 | Bulls (2), Stormers (1) |
Italië | 0 | 0 |
Speler van die jaar
- 2009-’10: Tommy Bowe (Ospreys)
- 2010-’11: Ruan Pienaar (Ulster)[22]
- 2011-’12: Tim Visser (Edinburgh)
- 2012-’13: Nick Williams (Ulster)[23]
- 2013-’14: Dan Biggar (Ospreys)
- 2014-’15: Rhys Webb (Ospreys)
- 2015-’16: Bundee Aki (Connacht)[24]
- 2016-’17: Charles Piutau (Ulster)[25]
- 2017-’18: Tadhg Beirne (Scarlets)[26]
- 2018-’19: Viliame Mata (Edinburgh)[27]
- 2019-’20: Duhan van der Merwe (Edinburgh)[28]
- 2020-’21: Marcell Coetzee (Ulster)[29]
- 2021-’22: Evan Roos (Stormers)[30]
- 2022-’23: Dan Sheehan (Leinster)[31]
- 2023-’24: Jack Crowley (Munster)[32]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.