Rugbyspan in Wallis From Wikipedia, the free encyclopedia
Dragons ((cym) Dreigiau), is een van die vier professionele rugbyspanne van Wallis. Hulle ding mee in die Guiness Pro14, Europese Rugbykampioenebeker, Europese Rugbyuitdaagbeker en die Anglo-Walliese Beker. Die streek wat die span verteenwoordig dek die suidweste van Wallis, insluitend Blaenau Gwent, Caerphilly, Monmouthshire, Newport en Torfaen met ’n totale bevolking van naastenby 500 000. Daar is ook ’n aantal semi-professionele en amateurklubs, insluitend die Walliese Premierskapspanne Bedwas RVK, Cross Keys RVK, Ebbw Vale RVK en Newport RVK.[1]
Dragons | ||||
Unie | Walliese Rugbyunie | |||
Bynaam(e) | Drake | |||
Stigting | 2003 | |||
Stadion | Rodney Parade, Newport | |||
Kapasiteit | 8 800 | |||
Afrigter(s) | Bernard Jackman | |||
Kaptein(s) | T. Rhys Thomas | |||
Liga(s) | Guiness Pro14 | |||
2017-’18 | 13de | |||
|
||||
Statistiek | ||||
---|---|---|---|---|
Meeste wedstryde | 180 Steve Jones | |||
Meeste punte | 776 Jason Tovey | |||
Meeste drieë | 43 Aled Brew | |||
Amptelike webwerf | ||||
www.newportgwentdragons.com |
Die span is in 2003 gestig na die bekendstelling van streekrugbyspanne in Wallis. In die eerste seisoen van die Keltiese Ligabeker het hulle ’n derde plek behaal en vierde in die volgende seisoen; die daaropvolgende drie seisoene het hulle egter elke keer in die laaste drie geëindig. In 2007 het hulle die halfeindrondte van die Europese Uitdaagbeker gehaal maar teen Clermont verloor met 46–29. In 2011 het hulle die halfeindrondte van die Anglo-Walliese Beker gehaal maar teen Gloucester vasgeval. Hulle kon nog nie daarin slaag om die uitklopfase van die Europese Rugbykampioenebeker te haal nie.
Die Dragons is amptelik op 1 April 2003 gestig na ’n ooreenkoms tussen Ebbw Vale RVK en Newport RVK om een van vyf streekrugbyspanne in Wallis te vorm.[2] Fundamentele meningsverkille tussen die klubs[3] het ’n arbitrasietydperk, gelei deur die destydse uitvoerende hoof van die Walliese Rugbyunie, ingelui en ’n voorstel vir die naam “Gwent Dragons” is gemaak. Op 28 Julie is die span onder hierdie naam bekendgestel.[4] Dit het veroorsaak dat Tony Brown, ’n weldoener van Newport RVK, sy finansiële steun vir die streek teruggetrek het. Brown het egter teen 21 Augustus teruggekeer nadat die voorsitter van Ebbw Vale bedank het en die naam van die span verander is na “Newport and Gwent Dragons”.[5] Die Walliese Rugbyunie wou ’n verduideliking vir die naamsverandering en die bitterheid tussen die twee klub hê[6] en gevolglik is nog ’n ooreenkoms bereik:[7] Die span is amptelik tot “Newport Gwent Dragons” herdoop. Op 12 November 2003 is die streek se stigtersmaatskappy, Gwent Rugby Bpk., onder administrasie geplaas.[8] Op 27 November is ’n nuwe maatskappy, Dragons Rugby Bpk., gestig om die streek te bestuur, met Newport RVK en die Walliese Rugbyunie wat elk ’n 50% aandeel het.[9]
Die streek se tuisveld is die Rodney Parade in Newport met plek vir 11 676 toeskouers. ’n Ooreenkoms tussen die eienaars, Rodney Parade Beperk, en die streek is in plek, waarvolgens alle rondomtaliewedstryde daar gespeel sal word.[10] Die span het ook al ’n paar voorseisoenwedstryde op Pontypool Park[11] en Pandy Park van Cross Keys RVK[12] gespeel, maar hierdie velde is sedert ’n wedstryd teen ’n Gwent Premierskap XV voor die 2006-’07-seisoen nie weer gebruik nie. Ter voorbereiding van die 2014-’15-seisoen het die Newport Gwent Dragons ’n vennootskap met die stadsraad van die Caerphilly-streek aangegaan waarvolgens die span die CCT-sentrum vir Uitnemendheid in Sport as oefenbasis vir die eerstespan en alle ander ouderdomsgroepspanne in die streek kan gebruik.[13]
Seisoen | Rondte | Wedstryd |
---|---|---|
2003-’04 | Eerste rondte | Llaneli Scarlets 40–6 Newport Gwent Dragons |
2004-’05 | Kwarteindrondte | Newport Gwent Dragons 19–46 Llaneli Scarlets |
Seisoen | Pos | Gespeel | Gewen | Gelyk | Verloor | BP | Punte | Notas |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2003-’04 | 3de | 22 | 16 | 0 | 6 | 8 | 72 | |
2004-’05 | 4de | 20 | 11 | 0 | 9 | 6 | 50 | |
2005-’06 | 8ste | 20 | 7 | 0 | 13 | 9 | 45 | |
2006-’07 | 9de | 20 | 8 | 0 | 12 | 7 | 39 | |
2007-’08 | 8ste | 18 | 7 | 1 | 10 | 4 | 34 | |
2008-’09 | 9de | 18 | 7 | 0 | 11 | 5 | 33 | |
2009-’10 | 7de | 18 | 8 | 1 | 9 | 5 | 39 | |
2010-’11 | 7de | 22 | 10 | 1 | 11 | 7 | 49 | |
2011-’12 | 9de | 22 | 7 | 1 | 14 | 6 | 36 | |
2012-’13 | 11de | 22 | 6 | 0 | 16 | 4 | 28 | |
2013-’14 | 9de | 22 | 7 | 1 | 14 | 5 | 35 | |
2014-’15 | 9de | 22 | 8 | 0 | 14 | 10 | 42 | |
2015-’16 | 10de | 22 | 4 | 0 | 18 | 10 | 26 | |
2016-’17 | 11de | 22 | 4 | 0 | 18 | 7 | 23 | |
2017-’18 | 13de | 21 | 2 | 2 | 17 | 8 | 20 | |
2018-’19 | 12de | 21 | 5 | 1 | 15 | 4 | 26 |
Seisoen | Poel/Rondte | Pos | Gespeel | Gewen | Gelyk | Verloor | BP | Punte | Notas |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2003-’04 | Poel 1 | 4de | 6 | 2 | 0 | 4 | 1 | 9 | |
2004-’05 | Poel 5 | 3de | 6 | 3 | 0 | 3 | 3 | 15 | |
2005-’06 | Poel 1 | 3de | 6 | 1 | 0 | 5 | 2 | 6 | |
2007-’08 | Poel 1 | 3de | 6 | 1 | 0 | 5 | 4 | 8 | |
2008-’09 | Poel 5 | 4de | 6 | 1 | 0 | 5 | 3 | 7 | |
2009-’10 | Poel 2 | 4de | 6 | 1 | 0 | 5 | 2 | 6 | |
2010-’11 | Poel 6 | 4de | 6 | 0 | 0 | 6 | 2 | 2 |
Seisoen | Poel/Rondte | Pos | Gespeel | Gewen | Gelyk | Verloor | BP | Punte | Notas |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2006-’07 | Poel 1 | 1ste | 6 | 5 | 0 | 1 | 5 | 25 | Verloor in halfeindstryd teen Clermont |
2011-’12 | Poel 4 | 3de | 6 | 3 | 0 | 3 | 3 | 15 | |
2012-’13 | Poel 3 | 3de | 6 | 2 | 0 | 4 | 5 | 13 | |
2013-’14 | Poel 2 | 2de | 6 | 3 | 0 | 3 | 2 | 14 | |
2014-’15 | Poel 3 | 1ste | 6 | 5 | 0 | 1 | 5 | 25 | Verloor in halfeindstryd teen Edinburgh |
2015-’16 | Poel 2 | 2de | 6 | 4 | 0 | 2 | 4 | 20 | Verloor in halfeindstryd teen Montpellier |
2016-’17 | Poel 3 | 2de | 6 | 3 | 0 | 3 | 2 | 14 |
Seisoen | Poel | Pos | Gespeel | Gewen | Gelyk | Verloor | BP | Punte | Notas |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2005-’06 | Poel D | 3de | 3 | 2 | 0 | 1 | 0 | 8 | |
2006-’07 | Poel D | 3de | 3 | 1 | 0 | 2 | 0 | 4 | |
2007-’08 | Poel A | 4de | 3 | 0 | 1 | 2 | 3 | 5 | |
2008-’09 | Poel A | 3de | 3 | 1 | 0 | 2 | 1 | 5 | |
2009-’10 | Poel 4 | 2de | 4 | 3 | 0 | 1 | 0 | 12 | |
2010-’11 | Poel 2 | 1ste | 4 | 3 | 0 | 1 | 0 | 12 | Verloor in halfeindstryd teen Gloucester |
2011-’12 | Poel 4 | 4de | 4 | 1 | 1 | 2 | 1 | 7 | |
2012-’13 | Poel 1 | 3de | 4 | 2 | 0 | 2 | 0 | 8 | |
2013-’14 | Poel 1 | 4de | 4 | 1 | 0 | 3 | 0 | 4 | |
2014-’15 | Poel 1 | 3de | 4 | 2 | 0 | 2 | 3 | 11 | |
Geen kompetisie vir 2015-’16 weens Rugbywêreldbeker | |||||||||
2016-’17 | Poel 1 | 3de | 4 | 1 | 0 | 3 | 1 | 5 |
Dragons se span vir die 2017-’18-seisoen:
Stutte Hakers Slotte |
Losvoorspelers
Skrumskakels
Losskakels
|
Senters Vleuels
Heelagters
|
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.