Slowene
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Slowene (Sloweens: Slovenci [slɔˈʋèːnt͡si]) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Slowenië wat Sloweens, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Slowenië en maak volgens die laaste sensus van 2002 omtrent 83% van dié land se bevolking uit. Die meeste Slowene is aanhangers van die Rooms-Katolieke Kerk (58%).
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Sloweens. Moenie verwar word met Slowake nie.
Slowene | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 2–2,5 miljoen[1] |
Belangrike bevolkings in: | Slowenië ~1,6 miljoen[2] Verenigde State 164 634–178 415[3][4][5] |
Taal: | Sloweens |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Rooms-Katolieke Kerk |
Verwante etniese groepe: | Ander Suid-Slawiese volke soos Bosniake, Bulgare, Kroate, Masedoniërs, Montenegryne en Serwiërs[23] |
Wêreldwyd leef tussen 2 en 2,5 miljoen Slowene, waarvan sowat 1,6 miljoen in Slowenië, tussen 164 634 en 178 415 in die Verenigde State, tussen 83 000 en 100 000 in Italië en 50 000 in Duitsland. Naas Slowene leef nog minderhede soos Serwiërs (2%), Kroate (1,8%) en Bosniake (1,1%) in Slowenië.
Die naam van die Slowene is, soos dié van die Slowake, afgelei van die ou benaming vir die Slawiërs (sloveni). Die woordstam daarvan het nog in benamings soos Sloweens (slovenščina) en Slowenië (Slovenija) bewaar gebly.[24]