![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/01/Ethnic_Macedonian_Flag.svg/langaf-640px-Ethnic_Macedonian_Flag.svg.png&w=640&q=50)
Masedoniërs
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Masedoniërs (Masedonies: Македонци Makedonci), soms ook Masedoniese Slawiërs[36][37] of Slawiese Masedoniërs[38] genoem, is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Noord-Masedonië en aangrensende lande van die Balkanskiereiland, wat Masedonies, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Noord-Masedonië en maak volgens die laaste sensus van 2002 omtrent 64% van dié land se bevolking uit. Naas Masedoniërs woon nog sowat 510 000 Albanese (25%) in Noord-Masedonië.
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Masedonies. Moenie verwar word met antieke Masedoniërs of Griekse Masedoniërs nie.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/01/Ethnic_Macedonian_Flag.svg/640px-Ethnic_Macedonian_Flag.svg.png)
Wêreldwyd is daar tussen 2 en 2,2 miljoen Masedoniërs, waarvan sowat 1,3 miljoen in Noord-Masedonië. Daarbenewens vorm Masedoniërs belangrike minderhede in Albanië, Bulgarye, Griekeland en Serwië.
Soms beskou Masedoniërs hulself as afstammelinge van die antieke Masedoniërs, hoewel hierdie feit nie wetenskaplik bewys kan word nie.[39][40]