From Wikipedia, the free encyclopedia
Shenzhou (Chinees: 神舟) is ’n ruimtetuig wat deur die Volksrepubliek China ontwerp is. Die naam word soms vertaal as "goddelike tuig" of "towerboot". Die ontwerp stem ooreen met dié van die Russiese Sojoes-ruimtetuig, maar dit is groter. Die eerste Shenzhou-tuig is op 19 November 1999 lanseer en die eerste bemande sending was op 15 Oktober 2003. In Maart 2005 is ’n asteroïde 8256 Shenzhou genoem ter ere van die ruimtetuig.
China se eerste ruimteprogram is aanvanklik Projek 921-1 genoem, maar ná die eerste onbemande vlug is dit na Shenzhou verander. Nog drie onbemande vlugte, een met diere en ses bemande vlugte het gevolg.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.