From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Serwiërs (Serwies: Срби/Srbi, [sr̩̂bi]) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Serwië en aangrensende lande van die Balkanskiereiland, wat Serwies, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Serwië en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 83% van dié land se bevolking uit. Daarbenewens vorm Serwiërs volgens die grondwet saam met Bosniake en Kroate die titulêre nasie van Bosnië en Herzegowina en maak volgens die laaste sensus van 1996 omtrent 38% van dié land se bevolking uit.
Serwiërs | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 11,5–12,5 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Serwië ~6 miljoen Bosnië en Herzegowina ~1,4 miljoen |
Taal: | Serwies |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk (Serwies-Ortodokse Kerk) |
Verwante etniese groepe: | Ander Suid-Slawiese volke soos Bosniake, Bulgare, Kroate, Masedoniërs, Montenegryne en Slowene[15] |
Wêreldwyd leef tussen 11,5 en 12,5 miljoen Serwiërs, waarvan byna 6 miljoen in Serwië en 1,4 miljoen in Bosnië en Herzegowina. Daarbenewens vorm Serwiërs belangrike minderhede in Kosowo, Kroasië, Noord-Masedonië en Slowenië.
Die meeste Serwiërs is aanhangers van die Serwies-Ortodokse Kerk, waarna die drie-vinger saluut oorspronklik verwys. Hierby word die duim, wysvinger en middelvinger aan die uitgestrekte arm getoon, wat die Drie-eenheid van die vader, die seun en die Heilige Gees simboliseer.[16]
Na die einde van die Tweede Wêreldoorlog het Wes-Duitsland in die 1950's en 1960's sy grootste ekonomiese opswaai beleef, die sogenaamde "Wirtschaftswunder", en die regering het Serwiërs genooi om in dié land te gaan werk en woon. Sulke kontrakte het Joego-Slawië onder andere met Europese lande soos Frankryk, Oostenryk, Swede en Switserland gesluit.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.