Sergei Wadimowitsj Stepasjin (Russies: Серге́й Вади́мович Степа́шин; geb. 2 Maart 1952) is ’n politikus en voormalige premier van Rusland. Hy is in 1994 deur Boris Jeltsin aangestel as minister van federale veiligheid. Hy het bedank ná ’n gyselaarkrisis in die stad Boedjonnofsk in die suide van die land.

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
Kitsfeite President, Voorafgegaan deur ...
Sergei Stepasjin
Сергей Степашин
Thumb

Eerste Minister van Rusland
Ampstermyn
12 Mei 1999  9 Augustus 1999
President Boris Jeltsin
Voorafgegaan deur Jefgeny Primakof
Opgevolg deur Wladimir Poetin

1ste Adjunk-Eerste Minister van Rusland
Ampstermyn
27 April 1999  19 Mei 1999
Eerste minister Jefgeny Primakof
Voorafgegaan deur Vadim Gustof
Opgevolg deur Nikolai Aksyonenko

Persoonlike besonderhede
Gebore 2 Maart 1952 (1952-03-02) (72 jaar oud)
Dalian, Volksrepubliek china
Eggenoot/-note Tamara Stepasjin
Kind(ers) 1
Alma mater Lenin Politieke-Militêre Akademie, Finans-Akademie
Religie Russies-Ortodokse Kerk
Toekennings Orde van Dapperheid
Sluit

Hy was van 1997 tot Maart 1998 minister van justisie en van 1998 tot Mei 1999 minister van binnelandse sake. Hy is toe aangestel as premier. Jeltsin het dit van die begin af duidelik gemaak dit is net tydelik, en in Augustus dié jaar is Stepasjin vervang deur die toekomstige president van Rusland, Wladimir Poetin.

Hy het daarna by die politieke party Jabloko aangesluit vir die parlementêre verkiesing van 1999 en is verkies tot die Staatsdoema, die laerhuis van die parlement. Hy het later bedank en hoof geword van die Ouditkamer van die Russiese Federasie, die federale ouditagentskap.

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.