Seevonk
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die seevonk (Noctiluca scintillans (Macartney) Kofoid & Swezy) is 'n eensellige organisme uit die dinoflagellate wat bekend is omdat dit bioluminessensie veroorsaak. Hierdie spookagtige ligskynsel is ook as die “die ligte van die see” bekend.
Noctiluca scintillans | |
---|---|
![]() | |
Seevonke | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | Chromista |
Subkoninkryk: | Harosa |
Filum: | Myzozoa |
Infrafilum: | |
Orde: | Noctilucales |
Familie: | Noctilucaceae |
Genus: | Noctiluca |
Spesie: | N. scintillans |
Binomiale naam | |
Noctiluca scintillans (Macartney) Kofoid & Swezy, 1921 | |
Sinonieme | |
Noctiluca miliaris |
Die sel van hierdie spesie is baie groot (omtrent 200 - 2000 μm in deursnee) en soos 'n ballon opgeblaas en amper bolvormig. Sy buikgroef is breed en wyd en bevat een sweepagtige flagellum, een tand en een tentakel. Die seevonk is nie fotosinteties nie. Dit is heterotroof en fagotroof en vreet diatome en ander dinoflagellate. Daar kan fotosintetiese simbionte aanwesig wees wat die sitoplasma pienk of groen sal kleur. Die spesie kan aseksueel deur seldeling voortplant maar ook deur seksuele voortplanting en vorming van isogamete. Die seevonk dryf in die seewater van die neritiese en kusgebiede van die wêreld. Dit kan rooigetye veroorsaak en die see die kleur van tamatiesoep gee en die dood van baie vis veroorsaak. [1]