![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/19/Naja_nigricincta_nigricincta.jpg/640px-Naja_nigricincta_nigricincta.jpg&w=640&q=50)
Sebraslang
slangspesie / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die sebraslang (Naja nigricollis nigricincta) is 'n giftige slang, een van die spesies van spoegkobra in die genus Naja wat aan die Elapidae familie behoort. Die slang kom in die sentrale en noordelike dele van Namibië voor. In Engels staan die slang bekend as die Western Barred Spitting Cobra.
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Binomiale naam ...
Sebraslang | |
---|---|
![]() | |
N. n. nigricincta in die Nasionale Etoshawildtuin | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | Naja |
Spesie: | N. nigricincta |
Binomiale naam | |
Naja nigricincta Bogert, 1940 | |
![]() | |
Benaderde verspreiding in Afrika | |
Sinonieme | |
|
Sluit
Hierdie spesie was lank beskou as 'n subspesie van die swartspoegkobra (Naja nigricollis woodi), maar morfologiese en genetiese verskille het gelei tot die erkenning daarvan as 'n afsonderlike spesie.[1] So daar is twee subspesies, naamlik die sebraslang (N. nigricollis nigricincta) en die swartspoegkobra (N. nigricollis woodi) wat hoofsaaklik in die noordweste van die Noord-Kaap in Suid-Afrika voorkom.