From Wikipedia, the free encyclopedia
Scholz se Ster (WISE-naam WISE 0720-0846 of voluit WISE J072003.20-084651.2) is ’n dowwe dubbelster 22 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Eenhoring, naby die galaktiese vlak.[3] Dit is in 2013 deur die sterrekundige Ralf-Dieter Scholz ontdek. In 2015 het Eric Mamajek en medewerkers berig die stelsel het rofweg 70 000 jaar gelede deur die Sonnestelsel se Oortwolk beweeg.[3] Hulle het dit "Scholz se Ster" genoem.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
WISE J072003.20-084651.2 | ||||
Sterrebeeld | Eenhoring | |||
Spektraaltipe | A: M9,5 ± 0,5[1] B: T5,5 ± 0,5[1] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 07h 20m 03.254s[2] | |||
Deklinasie | -08° 46′ 49.90″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 18,3[3] | |||
Absolute magnitude (M) | 19,4[4] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 0,095[1] 0,063[1] | |||
Ouderdom (jaar) | 3-10 miljard[3] | |||
Temperatuur (K) | 3 325,75+97,5−48,1 | |||
Afstand (ligjaar) | 22 | |||
Eienskappe | ||||
Veelvoudigheid | 2 | |||
Ander name | ||||
WISE J072003.20-084651.2,[2] WISE 0720-0846, 2MASS J07200325-0846499,[2] 2MASS 0720-0846 | ||||
|
Die primêre ster, A, is ’n rooidwerg met ’n sterreklassifikasie van M9 en ’n massa van 86 jupitermassas.[3] Die sekondêre ster, B, is moontlik ’n bruindwerg van 65 jupitermassas met ’n klassifikasie van klas T.[3] Die gesamentlike massa is 0,15 sonmassas.[3] Die twee sterre wentel op ’n afstand van sowat 0,8 AE van mekaar af[3] met ’n wentelperiode van rofweg vier jaar.[5] Hulle het ’n skynbare magnitude van 18,3[3] en is na raming tussen 3 miljard en 10 miljard jaar oud.[3]
In 2018 is verdere navorsing gepubliseer wat aandui die versteuring van die Oortwolk het ’n groter uitwerking gehad as wat voorheen vermoed is.[6][7][8]
Volgens ramings het die WISE 0720-0846-stelsel sowat 70 000 jaar gelede omtrent 52 000 AE van die Son af verbybeweeg.[3][9] [10] Altesaam 98% van die wiskundige simulasies van die stelsel se wentelbaan het aangetoon dit het deur die Oortwolk beweeg, of binne 120 000 AE van die Son af.[3] Komete wat in die Oortwolk versteur word, neem sowat 2 miljoen jaar om die binneste Sonnestelsel te bereik.[3] Op sy naaste aan ons sou die stelsel ’n skynbare magnitude van sowat 11,4 gehad het en sou dit die beste uit die Noordelike Halfrond sigbaar gewees het.[4] ’n Ster beweeg na verwagting elke 100 000 jaar of so deur die Oortwolk.[4] ’n Verbyvlug van 52 000 AE van die Son af of nader vind na verwagting elke 9 miljoen jaar plaas.[3]
Volgens ’n onlangse raming het WISE J0720-0846AB sowat 80 500 ± 0,7 jaar gelede binne 68 700 ± 2,0 AE van die Son af verbybeweeg.[1]
Oor sowat 1,4 miljoen jaar sal Gliese 710 tydens sy perihelium binne 8 800 tot 13 700 AE van die Son af kom.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.