Sandton
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sandton is 'n voorstad in die noorde van die metropolitaanse gebied van Groter Johannesburg (provinsie Gauteng, Suid-Afrika). Die naam is 'n kombinasie van twee voorstede, Sandown en Bryanston,[2] wat albei na plekke in die Verenigde Koninkryk genoem is.
Sandton | |
---|---|
Voorstad | |
Die stadsilhoeët van Sandton, soos gesien vanaf Megawatt Park | |
Koördinate: 26°6′42″S 28°3′1″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Metropolitaanse Munisipaliteit | Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 143,54 km2 (55,42 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 300 000[1] |
• Digtheid | 2 090/km2 (5 400/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 2146 / 2196 |
Skakelkodes | 011 |
Webwerf | sandtoncentral.co.za |
Die munisipaliteit het in 1969 ontstaan, toe Johannesburg in 'n noordelike rigting uitgebrei het. Sandton was aanvanklik 'n oorwegend residensiële voorstad, wat hoofsaaklik uit klein eiendomme bestaan het.
Ná die einde van apartheid en die vestiging van die nuwe politieke bedeling het Sandton 'n deel van die Johannesburg Metromunisipaliteit geword en beskik dus sedertdien nie meer oor sy eie munisipale bestuur nie.
Sandton het ná die agteruitgang van Johannesburg se oorspronklike sakekern, wat een van die brandpunte van misdaad geword het, tot Suid-Afrika se nuwe finansiële sentrum en Johannesburg se belangrikste sakegebied ontwikkel. Nogtans het net een van Suid-Afrika se vier grootste banke, Nedbank, sy hoofkwartier na Sandton verskuif. Desondanks het die voorstad baie van Suid-Afrika se "nuwe geld" gelok, en naas beleggingsbanke en finansiële konsultante het ook Johannesburg se effektebeurs in die laat 1990's sy kantore na Sandton verskuif.
Sandton huisves die kongressentrum Sandton Convention Centre, een van die grootstes op die vasteland van Afrika, waar onder meer die Wêreldspitsberaad oor Volhoubare Ontwikkeling in Augustus 2002 plaasgevind het.
Sandton City, een van die grootste winkelsentrums in Afrika, is een van die besienswaardighede in die voorstad. Saam met Nelson Mandelaplein beskik die sentrum oor 144 000 vierkante meter totale winkeloppervlakte, wat dit die grootste van sy soort in die suidelike halfrond maak. Sandton is ook die belangrikste bestemming vir sakereisigers in die metropolitaanse gebied van Johannesburg en bied 'n reeks vyfsterhotelle.
Sandton beskik oor 'n moderne ondergrondse stasie vir die Gautrein. Die gedeelte tussen Sandton en die O.R. Tambo Internasionale Lughawe is reeds voor die 2010 Wêreldbeker Sokkertoernooi in diens gestel.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.