Rutger Hauer
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Rutger Oelsen Hauer ([ˈrɵtxər ˈulsə(n) ˈɦʌuər]; 23 Januarie 1944 – 19 Julie 2019) was 'n Nederlandse akteur, skrywer en omgewingsaktivis wat in 1981 en 1982 internasionale bekendheid verwerf het met sy hoofrolle in die Amerikaanse rolprente Nighthawks (as terroris Reinhardt Heymar Wulfgar) en Blade Runner (as gedoemde "replikant"). Hauer het in sy langdurige loopbaan in Nederlandse en Engelsmedium-rolprente opgetree. Sy debuut as akteur het hy reeds op vyfjarige leeftyd in die Sophokles-tragedie Ajax gemaak waar hy die rol van Eurysakes vertolk het. Sy eerste groot sukses het hy met die Nederlandse televisiereeks Floris behaal.[1]
Rutger Hauer | |
Rutger Hauer in 2010 | |
Geboortenaam | Rutger Oelsen Hauer |
---|---|
Geboorte | 23 Januarie 1944 Breukelen, Nederland |
Sterfte | 19 Julie 2019 (op 75) Beetsterzwaag, Nederland |
Nasionaliteit | Nederlands |
Beroep(e) | Akteur en skrywer |
Rolprente | Nighthawks, Blade Runner |
Webwerf | www |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Hauer beywer hom vir maatskaplike kwessies soos Vigs en het die Rutger Hauer Starfish Association, 'n Vigs-bewussynsorganisasie, in die lewe geroep.[2] Alle inkomste uit sy outobiografie All Those Moments: Stories of Heroes, Villains, Replicants, and Blade Runners, wat Rutger Hauer saam met die Amerikaanse outeur en aktivis Patrick Quinlan geskryf en in 2007 gepubliseer het, skenk die akteur aan dié organisasie.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.