From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Rotskomeet is ’n seldsame soort hemelliggaam wat die eienskappe van beide ’n komeet en ’n asteroïde toon, hoofsaaklik omdat ontgassingsmateriaal meestal uit stukkies rots bestaan.
Rotskomete, in teenstelling met ander komete waarvan die ontgassingsmateriaal meestal ys is, het ’n kern van hoofsaaklik rots. Dieselfde gebeur as met modder op die bodem van ’n droë meer wat kraak en klein stukkies los grond vorm.[1]
Rotskomete is skaars omdat ’n rotsliggaam baie na aan die Son moet kom – naby genoeg vir die soliede grond om te kraak en sodat daar genoeg energie kan wees om los stukkies van die liggaam te laat afbreek.
Die enigste bekende rotskomeet is 3200 Phaethon, wat ’n perihelium (naaste punt aan die Son) het nader as enige ander asteroïde wat ’n naam het (0,14 AE). Dit word soms helderder, wat dui op ontgassing, en stof wat afgeskei word, is al waargeneem.[2][3]
Sommige asteroïdes sonder name kom nader aan die Son as 3200 Phaethon, maar ontgassing is nog nie by een van hulle gesien nie. Omdat hulle nog nie fyn waargeneem is nie, is dit onbekend of ontgassing wel plaasvind.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.