From Wikipedia, the free encyclopedia
Die rosyntjiebos (Grewia flava) is 'n struik of klein boompie wat wydverspreid in die bosveld regdeur die binneland van Suid-Afrika voorkom, behalwe die Wes- en Oos-Kaap en 'n groot deel van Zimbabwe. Die spesie is ook inheems in Angola, Botswana, Eswatini en Namibië.
Rosyntjiebos | |
---|---|
Loof en blomme | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malvales |
Familie: | Malvaceae |
Genus: | Grewia |
Spesie: | G. flava |
Binomiale naam | |
Grewia flava DC., 1813 | |
Sinonieme | |
|
Dit word ongeveer 2 m hoog en dra geel stervormige blomme en oranje-bruin vrugte wat van Februarie af begin ryp word. Die blare is regop met drie are uit die simmetriese basis en daar is silwerige hare aan die bo- en onderkant.
Die struik staan ook as die fluweelrosyntjie(bos), wilderosyntjie, brandewynbessie of wilderosyntjie bekend. Ander inheemse name sluit in: moretla (Sotho) en brandy bush (Engels). Die boom se FSA-nommer is 459.1.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.