From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rooi-ivoor (Berchemia zeyheri) is 'n middelgroot boom (tot 15 m hoog) wat inheems is in Botswana, Eswatini, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika word dit aangetref in klipperige bosveld vanaf die suide van KwaZulu-Natal, noordwaarts tot in die suide van Zimbabwe en weswaarts tot in Kimberley.[1] Sy blare lyk net soos die bruinivoor s'n. Die hout van die boom is 'n dowwe rooi en kieries en knopkieries van die hout mag tradisioneel slegs deur Zoeloe-koninklikes gebruik word.
Rooi-ivoor | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Rhamnaceae |
Genus: | Berchemia |
Spesie: | B. zeyheri |
Binomiale naam | |
Berchemia zeyheri (Sond.) Suess., (1953) | |
Sinonieme | |
|
Die boom kom voor op die lys van Suid-Afrikaanse beskermde bome. Dit mag dus nie sonder amptelike toestemming verwyder of beskadig word nie.[2][3]
Die rooi-ivoor groei hoofsaaklik in suidelike subtropiese gebiede. In Suid-Afrika kom die boom voor in die provinsies Limpopo, Noord-Kaap, Noordwes, KwaZulu-Natal en Mpumalanga.
Die boom kan redelik maklik van saad gekweek word. Alhoewel dit stadig groei, kant dit ‘n hoogte van ‘n 15m bereik. Dit is nie teen lae temperature opgewassse nie. In groot tuine kom die mooi boom goed tot sy reg. Voëls en vrugtevlermuise word gelok na die smaaklike geel, bruin, rooierige en soms selfs pers steenvrug.
Die hardheid van die hout is ‘n besondere kenmerk. Ook het dit ‘n opvallende helder pienk tot rooi kleur. Dit word gebruik vir die maak van meubels en veral snoeker- en biljartstokke en hewwe van messe. Rooi-ivoor was tot die Anglo-Zoeloeoorlog die koninklike boom van die Zoeloe-volk. Gebruik van die hout was voorbehou tot lede van die koninklike familie en die hoofmanne. Dele van die boom is ook verwerk in tradisionele medisyne.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.