Romanofryk
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Romanofryk (Russies: Романовская Империя, Romanofskaja Imperija),[1][2] ook bekend as die Keiserlike Troon (Императорский Престол, Imperatorski Prestol),[3] is 'n staat wat voorgestel is deur die Russiese sakeman en politikus Anton Bakof as 'n herskepping van die Russiese Ryk. Dit sal regeer word deur die Romanof-erfgenaam prins Karl Emich van Leiningen as keiser Nikolaas III, met Bakof as aartskanselier.
Romanofryk | |
---|---|
Vlag
Wapen | |
Plaaslike naam | Романовская Империя (Romanofskaja Imperija) |
Regeringsvorm | Konstitusionele monargie |
Leier | Nikolaas III (keiser; bewtis) Prins Anton Bakof (aartskanselier) |
Stigting | 2 September 2011 |
Geldeenheid | Bitcoin |
Godsdiens | Russies-Ortodokse Kerk |
Webtuiste | romanovempire.com |
Teen 2017 het Bakof beweer hy het al samesprekings met verskeie staatshoofde gevoer om grond te koop waar hy 'n wettige "niemikrostaat" wil stig. Dit sluit in leiers van Montenegro, Noord-Masedonië, Albanië, Gambië en Kiribati.
Sedert 2012 het hy veral met die regering van Gambië gepraat en het president Yahya Jammeh hom glo gesteun. Maar ná Gambië se regeringsverandering in 2016 het verdere samesprekings misluk.[4] Dié land het enige ooreenkoms ontken.[5]