Rietvleidam
dam in Pretoria, Gauteng From Wikipedia, the free encyclopedia
dam in Pretoria, Gauteng From Wikipedia, the free encyclopedia
Rietvleidam is 'n dam in die Rietvleirivier in Gauteng, Suid-Afrika. Die hoofdoel van die dam is om water aan Pretoria te lewer. Die dam is sowat 20 km suidoos van die stad in die Rietvlei Natuurreservaat geleë.
Rietvleidam | |
---|---|
Uitsig oor Rietvleidam | |
Ligging | Pretoria |
Provinsie/Land | Gauteng, Suid-Afrika |
Koördinate | 25°52′36″S 28°15′57″O |
Dam in | Rietvleirivier |
Doel | Huishoudelik |
Konstruksie begin | 1932 |
Openingsdatum | 1934 |
Eienaar | Stad Tshwane |
Soort dam | Grondvulling |
Hoogte van wal | 32 m |
Lengte van wal | 152 m |
Bakmaat | 12 000 000 m2 |
Reservoir | Rietvleidam reservoir |
Damoppervlak | 187 ha |
Die dam beskik oor 'n inlaattoring vir water en 'n suiweringsaanleg wat onder die damwal geleë is. Die dam voorsien nagenoeg 41 miljoen liter drinkwater per dag,[1] wat ongeveer 5.9% van die water is wat Pretoria daagliks benodig.[2]
Besoekers word by die dam toegelaat wat daar kan kampeer, visvang, fietsry of op die dam met bote te vaar. Die Pretoria Seiljagklub is onder andere hier geleë.
Die damwal is in 1934 met bakstene gebou. Die wal is tussen 1988 en 1990 verhoog deur 'n betonstruktuur oor die bestaande wal te bou.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.