![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/92/Ricus_Nel_at_5for5_concert.jpg/640px-Ricus_Nel_at_5for5_concert.jpg&w=640&q=50)
Ricus Nel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ricus Nel is 'n Afrikaanse musikant en sanger wat al goue status bereik het met verkope. Sy debuutalbum, Sak en Pak is op 15 Augustus 2011 deur Select-musiek vrygestel. Hy roem daarop dat hy dertien musiekinstrumente kan speel. Hy was gereeld op Jukebox, 'n gewilde program op kykNET te sien.[1]
Ricus Nel | |
---|---|
![]() | |
Gebore | 13 Desember 1979 (1979-12-13) (44 jaar oud) Rustenburg, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Sanger, Musikant |
Etikette | Select-musiek |
Assosiasies | Bok van Blerk, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Dozi, Huisgenoot-Skouspel, inniBOS, Lianie May |
Webwerf | www.ricusnel.co.za, Agent: Music Profile |
Daar is omtrent nie ‘n CD deur ‘n gewilde Afrikaanse treffersparadesanger waarop Ricus Nel se veelsydige musikaliteit nie benut word nie!
Na die groot sukses van sy debuut vrystelling is Ricus Nel terug met 'n opvolg-album, dit beloof om selfs meer as voorheen te beïndruk. Hierdie album is opgeneem met 'n tipiese aardse - organiese - gevoel, en die liedjies is diep, maar lewendig en eg. Die meeste van die liedjies is oorspronklik, met die uitsondering van 'n paar covers soos "Amanda", "You're My Best Friend" en ook die twee instrumentele "Grenswag" en "Outa In Die Langpad".