From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rhaetium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Trias (serie/epog Laat Trias). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | |
---|---|---|---|---|
Jura | Vroeg | Hettangium | jonger | |
Trias | Laat | Rhaetium | 201,3–208,5 | |
Norium | 208,5–~228 | |||
Karnium | ~228–~235 | |||
Middel | Ladinium | ~235–~242 | ||
Anisium | ~242–247,2 | |||
Vroeg | Olenekium | 247,2–251,2 | ||
Indusium | 251,2–252,2 | |||
Perm | Lopingium | Changhsingium | ouer | |
Die verdeling van die Trias (IKS). |
Die tydperk was van sowat 208,5 tot 201,3 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Norium en gevolg deur die Hettangium.
Die Rhaetium is genoem na die Rhetiese Alpe van Italië, Switserland en Oostenryk. Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammoniete Cochlocera, die Conodonta Misikella spp. en Epigondolella mosheri en die straaldiertjies Proparvicingula moniliformis. Die bokant van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die gladde ammoniet Psiloceras planorbis.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.