Reënwoud
From Wikipedia, the free encyclopedia
Reënwoude is woude wat gekenmerk word deur 'n hoë reënval met gedefinieerde minimum normale jaarlikse reënval van tussen 1 750 en 2 000 mm.
Reënwoude is die tuiste van twee derdes van alle lewende dier- en plantspesies op Aarde. Daar word geraam dat daar baie honderde spesies plante, insekte en mikro-organismes daarin voorkom wat steeds nie ontdek is nie.
Die ruigtes onder die uitgebreide blaredak in grotendeels beperk deur die gebrekkige sonlig wat op die grond val. Daar word onderskei tussen twee soorte reënwoude:
- Tropiese reënwoude is woude wat in die trope voorkom, naby aan die ewenaar (tussen die Kreefskeerkring en die Steenbokskeerkring).
- Gematigde reënwoude is woude wat in gematigde streke voorkom.