Reusewolf
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die reusewolf, of Canis dirus, is ’n uitgestorwe soogdier van die genus Canis. Hulle was min of meer so groot soos die huidige gryswolf, maar stewiger gebou. Hulle het in Noord-Amerika ontstaan en het later na Suid-Amerika versprei. Hulle het na aan die einde van die Pleistoseen-epog in die Amerikas uitgesterf.
Reusewolf | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Canis |
Spesie: | †C. dirus |
Binomiale naam | |
†Canis dirus Leidy, 1858 | |
Sinonieme | |
|
Die reusewolf was sowat 1,5 m lank en het tussen 50 en 79 kg geweeg,[1] en dit was dus die grootste spesie in die genus.[2] Die meeste tandgroottes toon geen teken van geslagsdimorfie nie, nes in die meeste Hondagtiges.
Ondanks oppervlakkige ooreenkomste met die gryswolf, verskil die twee spesies aansienlik. Die reusewolf het onder meer 25% meer as die gryswolf geweeg.[3] Hul bene was ook korter en hul breinkas kleiner.[1]
Reusewolwe is deel van dieselfde karnivoorgilde as die kleiner grys- en prêriewolf.[4] Hulle het ’n sterk byt gehad waarmee hulle hul prooi stewig kon vashou. Van hul groot liggaam kan afgelei word dat hulle groot diere gejag het en in troppe gehou het.
Die reusewolf het oor ’n groot gebied voorgekom. Fossiele is ontdek in van Kanada in die noorde tot Suid-Bolivia. Hulle het ook in 10 gebiede van Mexiko voorgekom, meestal in die sentrale en suidoostelike streke.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.