From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Reënboogforel (Oncorhynchus mykiss) is 'n varswatervis wat in die hoër bergstrome en damme in Suider-Afrika voorkom. Die vis is nie inheems hier nie en is ingevoer vanaf Noord-Amerika en Europa gedurende die 1800's. In Engels staan die vis bekend as Rainbow trout.
Reënboogforel | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | Protacanthopterygii |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | O. mykiss |
Binomiale naam | |
Oncorhynchus mykiss Walbaum, 1792 | |
Subspesies | |
Sien teks |
Die vis is lank, silwerig van kleur en die liggaam is bedek met swart kolletjies. Daar is 'n pers, pienkerige baan op die rug langs van die kop tot by die stert. Hulle kan tot 60 cm lank word en weeg dan 5 kg.
Reënboogforel leef hoofsaaklik in koue, helder strome en damme in die berge van die Wes-Kaap, die Oos-Kaap, die Drakensberg, Mpumalanga en die hoogland van Zimbabwe.
Hulle is roofvisse en sal omtrent enigiets eet wat hulle in die hande kry. Dit sluit in insekte, viseiers, klein vissies (tot en met 1/3 van hul eie lengte), garnale, paddas, krappe en selfs akkedisse en veldmuise wat in die water mag beland.
Hoewel hul maklik by 4 °C (40 °F) kan leef, begin hul traag word en sal doodgaan as die water warmer as 19 °C (66 °F) word. Die beste hengel-temperatuur vir hulle is 14 °C (57 °F). As die temperatuur 4 °C hoër of laer as die ideale temperatuur is, is hulle nog aktief, maar daarna word hulle traag.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Oncorhynchus mykiss. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.