Puck (maan)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Puck is die grootste binnemaan van Uranus. Dit is op 30 Januarie 1985 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is[4] en het die voorlopige naam S/1986 U 1 gekry.[5] Dit is daarna genoem na Puck, ’n karakter in William Shakespeare se toneelstuk Midsomernagdroom. Dit het ook die naam Uranus XV.[6]
Kitsfeite Ontdekking, Ontdek deur ...
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Stephen P. Synnott / Voyager 2 |
Datum | 30 Desember 1985 |
Kleinplaneet-benaming | Uranus XV |
Wentelbaaneienskappe | |
Halwe lengteas | 86 004,444 ± 0,064 km[1] |
Wentelperiode | 0,76183287 ± 0,000000014 d[1] |
Gem. omwentelingspoed | 8,21 km/s[nota 1] |
Baanhelling | 0,31921 ± 0,021° (tot Uranus se ewenaar)[1] |
Satelliet van | Uranus |
Fisiese eienskappe |
|
Gem. radius | 81 ± 2 km[2] |
Oppervlakte | ~82 400 km2[nota 1] |
Volume | ~2 225 000 km3[nota 1] |
Massa | ~2,9 × 1018 kg[nota 1] |
Gem. digtheid | ~1,3 g/cm3 (veronderstel) |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,028 m/s2[nota 1] |
Ontsnapping- snelheid | 0,069 km/s[nota 1] |
Rotasieperiode | Sinchronies[2] |
Ashelling | 0[2] |
Temperatuur | ~64 K[nota 1] |
Skynmagnitude | 20,5[3] |
Sluit
Puck se wentelbaan lê tussen Uranus se ringe en die wentelbaan van Uranus se eerste groot maan, Miranda. Dit is min of meer rond en het ’n deursnee van 162 km.[2] Dit het ’n donker oppervlak met baie kraters waarvan die spektrum tekens van waterys toon.[7]