Die Pterostigma is 'n sel wat aan die vlerke van insekte voorkom, wat dikwels verdik of gekleur is, en opvallend is. Dit is veral opvallend in naaldekokers en waterjuffers, maar ook in ander insekgroepe, soos raphidioptera, hymenoptera en megaloptera.[1]

Thumb
Pterostigma van 'n Swerwertjie
Thumb
Die vlerk van 'n naaldekoker

Die pterostigma is die swaarste deel van 'n insek se vlerk, en dit verbeter die insek se sweefvermoë. Sonder die pterostigma sal vibrasies teen 'n sekere kritiese spoed op die vlerk plaasvind, wat dit vir die insek onmoontlik sal maak om te sweef. Toetse wat op 'n naaldekokerspesie gedoen is, toon dat met die pterostigma die kritieke sweefsnelheid met 10–25% laat toegeneem.[2]

Sommige waterjufferwyfies in die Calopterygidaefamilie het 'n pseudopterostigma. Dit kom op dieselfde deel van die vlerk as die pterostigma voor, maar word deur are deurkruis en het 'n ligter kleur as die omliggende areas van die vlerk.[3]

Bronne

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.