Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Waterjuffer is 'n soort insek van die suborde Zygoptera, wat tot die orde Odonata behoort. Die term Zygoptera beteken "vlerke wat in pare voorkom". Waterjuffers is delikate, swak-vlieënde insekte. 'n Volwasse waterjuffer het 'n lang, skraal liggaam, wat groen, blou, rooi, geel, swart of bruin is en dikwels helderkleurig. Die kleur van sommige van die spesies verskil in verskillende omgewings, verbleikend van helderblou tot 'n dowwe pers waar hulle reageer op koeler temperatuur of lig.[1]
Waterjuffer | |
---|---|
'n Wyfie bloustertwaterjuffer (Ischnura heterosticta) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Arthropoda |
Klas: | Insecta |
Orde: | Odonata |
Suborde: | Zygoptera Selys, 1854 |
Families | |
|
Die meeste waterjuffers hou hulle vlerke oor hulle eie liggaam, nie uit na die kante soos naaldekokers nie. Waterjuffers is kleiner as naaldekokers, en hulle saamgestelde oë is aan die kante van die kop, nie bo-op die kop nie.[2]
Die mannetjies van die meeste waterjuffers het helderder kleure as die wyfies. Beide geslagte het breë, langwerpige koppe met 'n groot, wyd geskeide uitpeuloë en baie kort voelers. Volwassenes gebruik hul harige agterpote om prooi in vlug te vang. Sodra die prooi gevang is, vreet hulle dit terwyl hulle dit met hul pote vashou.[1]
Volwassenes word gewoonlik regdeur die jaar gedurende die dag gesien. Waterjuffers is vleisetende insekte wat naby varswater leef en broei. Hulle vlieg in tandem tydens paring en hulle paringspatroon is nogal ongewoon.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.