Prins Nikolaas Romanof
From Wikipedia, the free encyclopedia
Nikolaas Romanowitsj Romanof (Russies: Николай Романович Романов; 26 September 1922 tot 15 September 2014) was ’n aanspraakmaker op die hoofskap van die Huis van Romanof[2][3] en president van die Romanof-familievereniging. Hoewel hy ’n afstammeling van tsaar Nikolaas I van Rusland was, is sy aanspraak deur sommige lede van die familie betwis wat beweer sy ouers se huwelik was nie "gelyk" kragtens die Russiese Ryk se wette nie.[4] Hy word ook onder andere prins Nikolaas van Rusland,[5][6][7][8] of prins Nikolai Romanof[9][10][11] genoem.
Kitsfeite Titel, Huis ...
Prins Nikolaas Romanof | |
---|---|
Titel | Prins van Rusland[1] |
Huis | Holstein-Gottorp-Romanof |
Eggenote | Gravin Sveva della Gherardesca |
Kinders | Prinses Natalia Nikolajewna Prinses Elizabeth Nikolajewna Prinses Tatjana Nikolajewna |
Gebore | 26 September 1922 |
Oorlede | 15 September 2014 (op 91) |
Vader | Prins Roman Petrowitsj |
Moeder | Gravin Praskowia Dmitrijewna Sjeremetjewa |
Sluit