From Wikipedia, the free encyclopedia
Lucius II was die 166ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Lucius II | |
---|---|
Geboortenaam | Gherardo Caccianemici dal Orso |
Pontifikaat begin | 12 Maart 1144 |
Pontifikaat eindig | 15 Februarie 1145 |
Voorganger | Celestinus II |
Opvolger | Eugenius III |
Gebore | Bologna, Italië |
Sterf | 15 Februarie 1145 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Lucius |
Pous Lucius II[1] is gebore as Gherardo Caccianemici dal Orso in Bologna, Italië die seun van Albert van Orso. Voor sy verkiesing was Gherardo kanunnik in Bologna, kardinaal-priester van Sante Croce in Gerusalemme vanaf 1124 (aangestel deur Pous Callixtus II), pouslike gesant in Duitsland vir Pous Honorius II en later Pous Innocentius II van 1125 tot 1126 en pouslike kanselier en bibliotekaris. Op 12 Maart 1144 volg hy Pous Celestinus II op en regeer tot sy dood op 15 Februarie 1145. Hy word opgevolg deur Pous Eugenius III. Die naam ‘Lucius’ beteken 'ligdraer'.
Pous Lucius II[2] besleg die dispuut tussen die biskoppe van Tours en Dol tydens 'n sinode in Mei 1144. Hy versoek Ab Peter van Cluny om dertien van sy monnike na Rome te stuur en by hulle aankoms op 19 Januarie 1145 gee hy die klooster van St. Sabas op die Aventynse heuwel vir hulle. Sy stormagtige pontifikaat is gekenmerk deur die totstandkoming van 'n revolusionêre republiek in Rome wat daarop uit was om die pous sy wêreldlike mag te ontneem en verder deur die erkenning van die pouslike oppergesag oor Portugal.
Vroeg in Junie 1144 ontmoet hy die Normandiër Roger II van Sisilië by Ceprano om Roger se pligte as vasal van die pous duidelik te stel. Lucius wou nie aan Roger se eise toegee nie, maar Roger het die pous gedwing om hulle te aanvaar deur sy leër onder leiding van Robert van Selby teen die pous te laat opruk.
Die senaat van Rome wat al die wêreldlike mag in Rome van Pous Innocentius II weggeneem het, is deur Lucius ontbind. Nadat Lucius teen Roger van Sisilië verloor het, het die senaat weer die mag in hande gekry. Lucius het vergeefs hulp gesoek by keiser Konraad III teen die senaat en patrisiër Giordano Pierleoni, broer van die Teenpous Anacletus II. Die pous het toe self met 'n klein leër die Kapitool (waar die senaat geskuil het) probeer aanval, maar het verloor. Volgens die geskiedskrywer Godfried van Viterbo is die pous ernstig beseer deur 'n klip wat na hom gegooi is en sterf hy 'n paar dae later aan sy verwondings.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.