From Wikipedia, the free encyclopedia
Leo IX was die 152ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Leo IX | |
---|---|
Geboortenaam | Bruno von Egisheim-Dagsburg |
Pontifikaat begin | 12 Februarie 1049 |
Pontifikaat eindig | 19 April 1054 |
Voorganger | Damasus II |
Opvolger | Victor II |
Gebore | 21 Junie 1002 Eguisheim, Elsas |
Sterf | 19 April 1054 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Leo |
Sint Pous Leo IX | |
---|---|
Gebore | 21 Junie 1002, Eguisheim, Elsas |
Sterfte | 19 April 1054, Rome, Italië |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk |
Heiligverklaring | 1082, Rome deur Pous Gregorius VII |
Feesdag | 19 April |
Attribute | Pouslike klere, pouslike tiara, boek, Crozier |
Beskermheilige | Colliano, Guardia Lombardi, Sessa Aurunca |
Pous Leo IX is gebore as Bruno von Egisheim-Dagsburg op 21 Junie 1002 in Eguisheim, Elsas, die seun van graaf Hugo von Egisheim en sy vrou Heilwig von Dagsburg.[1] Hy het sy loopbaan begin as soldaat en offisier in die keiserlike leër. Voor sy verkiesing as pous was hy biskop van Toul vanaf 1026. Op 12 Februarie 1049 volg hy Pous Damasus II op en regeer tot sy dood op 19 April 1054. Hy word opgevolg deur Pous Victor II. Die naam ‘Leo’ beteken 'leeu'.
Pous Leo IX was 'n neef van keiser Hendrik III en deur sy toedoen verkies as pous. Hy is bekend vir die deurvoering van die hervormings van Cluny. Hy stig die kollege van kardinale en vestig die top-bestuur van die kerk. In die Paas-sinode van 1049 word die selibaat vir die klerus weer bevestig en is simonie weer veroordeel. Op 29 April 1050 hou hy 'n verdere Paas-sinode oor die leer van Alberic (of Berengar) van Tours.
Die pous het probeer om die Normandiërs in Suid-Italië te bestry, maar hy is verslaan in die slag by Civitate op 18 Junie 1053. Hy is gevang en in Benevento aangehou tot Maart 1054. Daarna is hy terug na Rome waar hy sterf op 19 April 1054.
Leo IX het die kardinaal Humbert van Mourmoutiers, kardinaal-biskop van Silva Candida, na Konstantinopel gestuur om die patriarg Michael I Cerularius te ekskommunikeer oor sy gedrag in Suid-Italië. Die patriarg het toe op sy beurt vir Humbert en die pous ge-ekskommunikeer en sodoende het die groot Westerse Skisma op 16 Julie 1054 ontstaan. Hoewel dit oënskynlik oor ekskommunikasie en Suid-Italië gegaan het, was dit in werklikheid oor die oppergesag van die pous van Rome oor die Oosters-Ortodokse Kerk van die patriarg.
Pous Leo IX word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 19 April. Hy is die patroonheilige van musikante en orreliste.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.