From Wikipedia, the free encyclopedia
Higinus was die negende pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Higinus | |
---|---|
Geboortenaam | Higinus |
Pontifikaat begin | 138 |
Pontifikaat eindig | 142 |
Voorganger | Telesforus |
Opvolger | Pius I |
Gebore | Athene, Griekeland |
Sterf | 142 Rome, Italië |
Pous Higinus[1] is gebore in Athene maar sy geboortedatum is onbekend, hy is oorlede in 142. In 138 volg hy Pous Telesforus op en word in 142 opgevolg deur Pous Pius I. Daar word beweer dat hy 'n filosofiese agtergrond gehad het. Daar word ook beweer dat hy die martelaarsdood gesterf het onder keiser Markus Aurelius, maar daar is geen dokumentêre bewys daarvoor nie.
Tydens sy pontifikaat lewe die gnostici Valentinos, Kerdon en Marcion in Rome. Hy organiseer die kerklike hiërargie, sorg dat alle kerke na heiliges genoem word en stel die gebruik van peetouers in.
Na sy dood is hy in die Vatikaan begrawe naby die graf van Simon Petrus en as heilige vereer. Sy feesdag is op 11 Januarie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.