Evaristus,[1][2] was die vyfde pous van die Rooms-Katolieke Kerk, en het regeer van 98 tot 105. Sy voorganger was Pous Clemens I en sy opvolger was Pous Alexander I. Hy word ook Aristus genoem. Evaristus beteken ‘welgevallige’. Daar is maar min oor hom bekend. Volgens die Liber Pontificalis[3] was hy van Griekse afkoms uit Antiogië, maar sy Joodse vader met die naam Judah, was uit Betlehem. Hy is tot pous verkies tydens die bewind van keiser Domitianus.
Evaristus[4] was die grondlegger van die kollege van kardinale, die liggaam wat later verantwoordelik sou word vir die verkiesing van pouse. Hoewel ongegrond, word hy as martelaar vereer. Evaristus is heilig verklaar deur die kerk en sy feesdag is 26 Oktober.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.