Anastasius IV was die 168ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Kitsfeite Geboortenaam, Pontifikaat begin ...
Pous Anastasius IV
Thumb
Geboortenaam Corrado di Suburra
Pontifikaat begin 8 Julie 1153
Pontifikaat eindig 3 Desember 1154
Voorganger Eugenius III
Opvolger Adrianus IV
Gebore
Rome, Italië
Sterf 3 Desember 1154
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Anastasius
Sluit

Biografie

Pous Anastasius IV[1] is gebore as Corrado di Suburra (ook Corrado della Suburra of Konraad van Suburra) in Rome, Italië, die seun van Benedictus. Hy was waarskynlik 'n nefie van Pous Honorius II. Voor sy verkiesing was Anastasius kardinaal-biskop van Sabina en 'n fel teenstander van Teenpous Anacletus II. Op 8 Julie 1153 volg hy Pous Eugenius III op en regeer tot sy dood op 3 Desember 1154. Hy word opgevolg deur Pous Adrianus IV. Die naam ‘Anastasius’ beteken 'heropgestane'.

Pontifikaat

Pous Anastasius IV[2] was reeds 'n ou man toe hy tot pous verkies is. Hy is waarskynlik verkies omdat hy uit Rome gekom het en die plaaslike politiek verstaan het. Hy het die Panteon laat restoureer en het spesiale voorregte aan die Malteser Orde gegee. Opgrawings onder die Lateraanse paleis tydens sy bewind het die stoflike oorskot van die heiliges Cyprianus en Justina gevind. Hy is ook bekend as vredemaker. Die republikeinse faksie het hom goed aanvaar. Hy het 'n ooreenkoms bereik met keiser Frederik I Barbarossa oor die aanstelling van die biskop van Maagdeburg. Hy het ook 'n lang uitstaande stryd met Engeland besleg oor die aanstelling van William Fitzherbert (ook St. William van York genoem) as biskop van York. Die pous het William se aanstelling bevestig in weerwil van sterk teenstand van die Cisterciënser Orde.

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0300091656.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0500017980.

Verwysings

Eksterne skakels

Nota

Opvolging

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.